Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1977

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wapen van Suid-Afrika.png
Suid-Afrikaanse politiek
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Leier van die Opposisie
Politici
Politieke partye
Grondwetlike Hof
Appèlhof
Hoër Hof
Verkiesings

Die Suid-Afrikaanse parlementsverkiesing van 1977 het op 30 November 1977 plaasgevind. Die regerende Nasionale Party onder die leierskap van Eerste Minister John Vorster het weer sy meerderheid verbeter. Die party het 134 setels behaal, 11 meer as 1974, en meer as enige party vantevore.

Die belangrikste opposisieparty was die Progressiewe Federale Party (PFP), opvolger van die Progressiewe Reformiste Party (en vroeër Progressiewe Party), wat 16,7% van die stemme, en 17 setels, behaal het. Die Nuwe Republiek Party (NRP), die opvolger van die Verenigde Party en voorheen die amptelike opposisie, het net 6,1% van die stemme behaal, 31 setels verloor en met net 10 setels beëindig.

De verregse Herstigte Nasionale Party van Jaap Marais het weer geen setels behaal.

Uitslag[wysig]

Party Leier  % Setels Verandering
Nasionale Party John Vorster 64,8% 134 +15
Progressiewe Federale Party Colin Eglin 16,7% 17 +11
Nuwe Republiek Party[1] Vause Raw 12,1% 10 -31
Herstigte Nasionale Party Jaap Marais 3,2% 0 -
Suid-Afrikaanse Party Myburgh Streicher 1,7% 3 +3
Ander 0,6% 1 +1
Totaal 100% 165 -1

Nasleep[wysig]

Minder as 'n jaar na die verkiesing het Vorster op 20 September 1978 vir gesondheidsrede bedank. Hy was deur partygenoot Pieter Willem Botha opgevolg. Vorster het staatspresident geword, maar in 1979 moet hy as gevolg van die Inligtingskandaal bedank.

Verwysings[wysig]

  1. Voorheen de Verenigde Party