Suid-Afrikaanse referendum van 1960

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Uitslag: Groen ten gunste; rooi teen republiekwording.
Charles Swart, die laaste goewerneur-generaal (1959-1961) en eerste staatspresident (1961-1967) van Suid-Afrika.

Tydens die Suid-Afrikaanse referendum van 1960 is Suid-Afrikaanse kiesers gevra om vir of teen republiekwording te stem. Die stemming het op 5 Oktober 1960 plaasgevind. Die uitkoms was 'n rakelingse oorwinning vir die republikeine. Op 31 Mei 1961 het die Unie van Suid-Afrika tot 'n einde en die Republiek van Suid-Afrika tot stand gekom. Die dag is as republiekdag gedenk tot die vakansiedag in 1994 afgeskaf is.

Resultate[wysig]

Vraag:

Is u ten gunste van 'n Republiek vir die Unie? (Afrikaans)
Are you in favour of a Republic for the Union? (Engels)[1]
Keuse Stemme %
Vir 850,458 52.29
Teen 775,878 47.71
Bedorwe/ blanko stemme 7,904
Totaal 1,634,240 100
Geregistreer/ stempersentasie 1,800,426 90.77
Bron: Direct Democracy

Per provinsie[wysig]

Provinsie Vir Teen Bedorwe blanko stemme Totaal Geregistreer Persentasie
Stemme % Stemme %
Kaapprovinsie 271,418 50.15 269,784 49.85 2,881 544,083 591,298 92.02
Natal 42,299 23.78 135,598 76.22 688 178,585 193,103 92.48
Oranje-Vrystaat 110,171 76.72 33,438 23.28 798 144,407 160,843 89.78
Suidwes-Afrika 19,938 62.39 12,017 37.61 280 32,235 37,135 86.80
Transvaal 406,632 55.58 325,041 44.42 3,257 734,930 818,047 89.84
Bron: Direct Democracy

Verwysings[wysig]

  1. Joyce, Peter (2007). The making of a nation : South Africa's road to freedom. Kaapstad: Zebra Press, 120. ISBN 9781770073128.