Suidelike Vuurwiel-sterrestelsel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Suidelike Vuurwiel-sterrestelsel
Die Suidelike Vuurwiel-sterrestelsel, of Messier 83. (Bron: ESO)
Die Suidelike Vuurwiel-sterrestelsel, of Messier 83.
(Bron: ESO)
Soort stelsel Staaf-spiraalsterrestelsel
Sterrebeeld Noordelike Waterslang
Messier-naam Messier 83
Tipe SAB(s)c
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 13h 37m 00,9s
Deklinasie -29º 51' 57"
Skynmagnitude 7,54
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 14,7 miljoen
Skynbare grootte  12′,9 × 11′,5
Rooiverskuiwing  +1,711 x 10−6
Ander name NGC 5236, UGCA 366, PGC 48082
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Suidelike Vuurwiel-sterrestelsel (ook bekend as Messier 83 of NGC 5236) is ’n staafspiraalsterrestelsel[1] sowat 14,7 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Noordelike Waterslang. Dit is in 1752 in die Kaap die Goeie Hoop deur Nicolas Louis de Lacaille ontdek[2] en Charles Messier het dit in 1781 in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Dit is een van die naaste en helderste staafspiraalstelsels en kan met ’n verkyker gesien word. Ses supernovas is al in M83 gesien: SN 1923A, SN 1945B, SN 1950B, SN 1957D, SN 1968L en SN 1983N.

Op 16 Junie 2008 het ’n Nasa-projek aangekondig dat ’n groot aantal nuwe sterre in die buitenste streke van die sterrestelsel gevind is. Voorheen is geglo dié streke het nie die nodige materiaal vir stervorming nie.[3]

Verwysings[wysig]

  1. Multimedia Gallery: M83 - Southern Pinwheel Galaxy”. NASA/JPL-Caltech/WISE Team: 25 Junie 2010.
  2. K. G. Jones (1991). Messier's Nebulae and Star Clusters, 2de, Cambridge: Cambridge University Press. ISBN 0-521-37079-5. 
  3. Stellar Birth in the Galactic Wilderness”.

Eksterne skakels[wysig]

Koördinate: Sky map 13h 37m 00.9s, −29° 51′ 57″

Messier-voorwerpe
M1 (Krap-newel)M2M3M4M5M6 (Skoenlapper-sterreswerm)M7 (Ptolemeus-sterreswerm)M8 (Lagune-newel)M9M10M11 (Wilde-eend-sterreswerm)M12M13M14M15M16 (Arend-newel)M17 (Omega-newel)M18M19M20 (Driespletige Newel)M21M22M23M24 (Boogskutter-sterrewolk)M25M26M27 (Handgewig-newel)M28M29M30M31 (Andromeda-sterrestelsel)M32M33 (Driehoek-sterrestelsel)M34M35M36M37M38M39M40 (Winnecke 4)M41M42 (Orion-newel)M43M44 (Byekorf-sterreswerm)M45 (Plejades)M46M47M48M49M50M51 (Draaikolk-sterrestelsel)M52M53M54M55M56M57 (Ring-newel)M58M59M60M61M62M63 (Sonneblom-sterrestelsel)M64 (Swartoog-sterrestelsel)M65M66M67M68M69M70M71M72M73M74M75M76 (Klein Handgewig-newel)M77M78M79M80M81M82M83 (Suidelike Vuurwiel-sterrestelsel)M84M85M86M87M88M89M90M91M92M93M94M95M96M97 (Uil-newel)M98M99M100M101 (Vuurwiel-sterrestelsel)M102M103M104 (Sombrero-sterrestelsel)M105M106M107M108M109M110