Suidersee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Suidersee tydens een van haar berugte storms.
Kaart wat die Ysselmeer en die Markermeer vertoon.
Satellietbeeld van die Ysselmeer en die Markermeer.

Die Suidersee (Nederlands: Zuiderzee, Nedersaksies: Zuderzee, Wes-Fries: Sudersee) is 'n see wat vroeër in die middel van Nederland gelê het. Met die voltooiing van die Afsluitdyk in 1932 word die see verdeel. Die binnedykse deel heet sedertdien Ysselmeer en Markermeer, die buitedykse deel is nou deel van die Waddesee.