Summer of Love

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Straattoneel in Haight Street, een van die twee naamgewende strate van Haight-Ashbury (2008)

Die Summer of Love was 'n maatskaplike fenomeen wat in die somer van 1967 ontwikkel het toe 100 000 mense in San Francisco se Haight-Ashbury-buurt vergader en 'n kulturele en politieke rebellie begin het. Terwyl daar ook byeenkomste van hippies in New York, Los Angeles, Philadelphia, Seattle, Portland, Washington, DC, Chicago, Montreal, Toronto, Vancouver en dwarsoor Europa plaasgevind het, het die hippie-rewolusie hom in San Francisco afgespeel - in 'n smeltkroes van musiek, psigo-aktiewe dwelmmiddels, seksuele vryheid, kreatiewe uitdrukking en politiek.

Die Summer of Love was 'n beslissende moment in die 1960's waartydens die hippie-teenkultuur-beweging vir die eerste keer openbare aandag getrek het.[1] Hierdie ongekende byeenkoms van jongmense word dikwels as 'n sosiale eksperiment beskou - veral weens die alternatiewe lewenstyle wat tydens die somer van 1967 en in die volgende jare algemeen voorgekom het. Hierdie lewenstyle het kommunale leefwyses; die vrye en gemeenskaplike gebruik van hulpbronne, dikwels deur vreemdelinge; en vrye liefde.

Die gewelddadigste onluste in Amerikaanse stede ooit, wat in dieselfde somer uitgebreek het, het met die bogenoemde vreedsame gebeure gekontrasteer. So het rasse-onluste onder meer in Detroit en Newark ontvlam. Na hierdie aspek van die somer van 1967 word dikwels as The Long, Hot Summer verwys. Die geweldpleging word algemeen toegeskryf aan rassediskriminasie teen Afro-Amerikaners en die ontevredenheid en woede wat dit onder Swart burgers veroorsaak het.

Verwysings[wysig]

  1. P. Braunstein en M.W. Doyle (reds.): Imagine Nation: The American Counterculture of the 1960s and '70s. New York 2002, bl. 7