Sun City, Noordwes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sun City in die Noordwes-provinsie
Die Brug van Tyd wat op die Vermaaklikheidsentrum uitkyk
Natuurskoon by Sun City

Sun City is 'n luukse kasino en oord in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika. Dit is twee ure se ry vanaf Johannesburg, naby die stad Rustenburg geleë. Die kompleks grens aan die Pilanesberg Natuurreservaat. Verskeie konserte en geleenthede, soos die Huisgenoot-Skouspel, Mejuffrou Suid-Afrika en Nedbank Gholfuitdaagtoernooi, word gereeld hier aangebied.

Geskiedenis[wysig]

Sun City is deur die hotelmagnaat Sol Kerzner as deel van sy hotelgroep, Sun International, ontwerp. Die amptelike opening het op 7 Desember 1979 plaasgevind. Sun City was destyds nog in die bantoestan van Bophuthatswana geleë.

Omdat Bophuthatswana destyds 'n onafhanklike staat was, kon hulle vermaak en geleenthede wat in Suid-Afrika verbode was aanbied. Dobbelhuise was onder andere in Suid-Afrika verbied. Dit, gekombineer met die gunstige ligging ten opsigte van Pretoria en Johannesburg, het verseker dat Sun City gou 'n gewilde vakansiebestemming geword het. Baie bekendes het al daar oorgebly, waaronder: Frank Sinatra, Queen, Boney M., Elaine Paige en Black Sabbath.

Verskeie belangrike bokswedstryde is in die jare 70's en 80's by Sun City aangebied. In 1994, 2000 en 2010 is die Wêreld Sterkman-kompetisie hier gehou.

Kompleks[wysig]

Sun City het vier hotelle:

  • Sun City Hotel;
  • Cascades Hotel;
  • The Cabanas; en
  • The Palace of the Lost City.

Ander fasiliteite sluit in:

  • Sun City Vakansieklub
  • Twee gholfbane (beide is deur Gary Player ontwerp):
    • die Lost City-gholfbaan en die
    • Gary Player-buiteklub (Gary Player Country Club).

Eksterne skakels[wysig]