Swart dwerg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

’n Swart dwerg is ’n hipotetiese steroorblyfsel wat gevorm word wanneer ’n wit dwerg so koel geword het dat dit nie meer veel hitte of lig uitstraal nie. Aangesien die tyd wat nodig is dat ’n wit dwerg dié toestand bereik langer as die ouderdom van die heelal (13,8 miljard jaar) is, bestaan daar nog nie swart dwerge nie.

’n Wit dwerg ontstaan wanneer ’n hoofreeksster met ’n lae of middelmatige massa al sy buitenste lae verloor of al die elemente opgebruik het wat hy warm genoeg is om te verbrand.[1] Wat oorbly, is ’n digte bol ontaarde materie wat stadig afkoel vanweë termiese straling en dan ’n swart dwerg word.[2][3] As swart dwerge bestaan, sal hulle baie moeilik waarneembaar wees.

Aangesien die evolusie van wit dwerge afhang van dinge waaroor min bekend is, soos donker materie en protonwegsterwing, is dit moeilik om te bepaal wanneer so ’n ster ’n swart dwerg sal word.[4], § IIIE, IVA.

Verwysings[wysig]

  1. §3, Heger, A.; Fryer, C. L.; Woosley, S. E.; Langer, N.; Hartmann, D. H. (2003). “How Massive Single Stars End Their Life”. Astrophysical Journal 591 (1): 288–300. DOI:10.1086/375341.
  2. Johnson, Jennifer. “Extreme Stars: White Dwarfs & Neutron Stars”. (PDF) Ohio-staatsuniversiteit. URL besoek op 2007-05-03.
  3. Richmond, Michael. “Late stages of evolution for low-mass stars”. Rochester Institute of Technology. URL besoek op 2006-08-04.
  4. Fred C. Adams and Gregory Laughlin. “A Dying Universe: The Long Term Fate and Evolution of Astrophysical Objects”.