Swaziland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Swaziland
Umbuso weSwatini
Koninkryk van Swaziland
Vlag van Swaziland Wapen van Swaziland
Vlag Wapen
Nasionale leuse: "Siyinqaba"  (Swati)
"Ons is die vesting"
Volkslied: Nkulunkulu Mnikati
wetibusiso temaSwati
Ligging van Swaziland
Hoofstad Lobamba (koninklike en wetgewende)
Mbabane (administriewe)
Grootste stad Manzini
Amptelike tale Engels, Swazi
Regering  
Mswati III
Koningin Ntombi
Diemba Dlamini
Onafhanklikheid 6 September 1968
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
1 E10 17,364 km2  (157ste)
6,704 myl2
Bevolking
 - Julie 2005-skatting
 - Digtheid
 
1,032,0001 (154ste)
59 / km2 (135ste)
153 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2005-skatting

$5.72 biljoen (146ste)
$5,245 (101ste)

MOI 0.500 (146ste)  –  middel
Geldeenheid Lilangeni (SZL)
Tydsone
 - Somertyd
(UTC+2)
(UTC)
Internet-TLD .sz
Skakelkode +268

Swaziland is 'n absolute monargie in Suider-Afrika. Dit is 'n buurland van Suid-Afrika en Mosambiek.

Geografie[wysig]

Kaart van Swaziland

Die Koninkryk Swaziland is met sy oppervlakte van 17 363 vierkante kilometer die tweede kleinste staat op die vasteland van Afrika ná Gambië. Swaziland is landgebonde en word deur Mosambiek in die ooste en die Suid-Afrikaanse provinsies Mpumalanga in die noorde en ooste en KwaZulu-Natal in die suide begrens. Die landsgrense het 'n totale lengte van 535 kilometer, waarvan 105 km met Mosambiek en 430 km met Suid-Afrika gedeel word.

Swaziland kan in vier geografiese streke verdeel word. In die ooste strek die Lubombo-berge op 'n maksimale hoogte van 600 meter en 'n droë subtropiese klimaat in noord-suidelike rigting. Die Laeveld wes daarvan lê sowat 200 m bo seevlak word deur 'n droë bosveld-landskap oorheers. Die klimaat is hier al byna tropies warm - gedurende die somermaande styg die kwik soms bo 32 °C. Die streek is onder meer geskik vir die verbouing van suikerriet.

Die Middelveld met sy vrugbare heuwellande en valleie het 'n gemiddelde hoogte van 700 m bo seevlak. Dit beslaan ruim 'n kwart van Swaziland se totale oppervlakte. Die Hoëveld in die weste van die land lê sowat 1 300 m bo seevlak en gaan in die weste in die Suid-Afrikaanse Drakensberge oor. Hier word onder meer bosgebiede aangetref. Die streek het in die algemeen 'n gerieflike klimaat, alhoewel die jaarlikse reënval hier net soos humiditeitsvlakke hoër as in die res van die land is.

Die hoogste punt van Swaziland met 1 862 m is die Emlembe in die noord-weste digby die grens met Suid-Afrika, die laagste punt (21 m) is die rivierloop van die Groot Usutu. Die meeste neerslae in Swaziland sak as kort reënbuie uit, terwyl langdurige reën nouliks voorkom. Die langste rivier, wat deur Swaziland vloei, is die Lusutfu.

Demografie[wysig]

Sien hoofartikel Demografie van Swaziland.

Swaziland het 'n totale bevolking van 1,1 miljoen (2006), merendeels Swazi (wat deel uitmaak van die Nguni-groep binne die Bantoe en nou verwant aan die Zoeloe is) met klein minderhede van Zoeloe, Tsonga en Sjangaan. Naas die ampstaal SiSwati (verwant aan Zoeloe) word Engels en die tale van etniese minderhede gebesig.

Sowat 60 persent van die bevolking is aanhangers van onafhanklike kerke soos die Zionistekerk. Ander belangrike denominasies is Protestants (15 persent), Rooms-Katoliek (5 persent) en Anglikaans (1 persent). Aanhangers van inheemse godsdienste verteenwoordig sowat 'n vyfde van die totale bevolking.





 
Lande in Afrika

Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Marokko | Mauritanië | Mauritius | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Príncipe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Suid-Soedan | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Zambië | Zimbabwe

Omstrede gebiede: Arabiese Demokratiese Republiek Sahara - Cabinda - Galmudug - Puntland - Somaliland
Afhanklike gebiede: Brits: Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha | Frans: Mayotte - Réunion | Portugees: Madeiraeilande | Spaans: Kanariese Eilande - Ceuta en Melilla

Lande van: Asië Europa Noord-Amerika Oseanië Suid-Amerika