Sweedse kroon

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Sweedse kroon (Sweeds: krona, meervoud: kronor) is die geldeenheid van Swede.

Geskiedenis[wysig]

Die kroon is as gevolg van die Skandinawiese Monetêre Unie in 1873 ingevoer en het sodoende die Riksdaler as wettige betaalmiddel vervang. Die kroon het tot by die Eerste Wêreldoorlog as die gemeenskaplike geldeenheid van Swede, Noorweë en Denemarke gedien. Al drie lande het ná die ontbinding van hul monetêre unie besluit om hul nuwe en onafhanklike nasionale geldeenhede steeds ”kroon“ te noem en 'n vaste wisselkoers volgens die goudstandaard toe te pas.

Banknote en muntstukke[wysig]

Op die Sweedse een-kroon-muntstuk word tradisioneel die portret van die Sweedse monarg of monargin op een en die staatswapen (of die koninklike kroon) op die ander kant afgebeeld. Daarnaas verskyn ook die koninklike leuse op die muntstuk.

Die historiese voorlopers was die „Riksdaler“ (wat in 48 ”Skilling Banco“ opgedeel is). Die nuwe Riksdaler is vanaf 1858 in 100 öre opgedeel.

Sweedse banknote
Geldwaarde Portret
20 Selma Lagerlöf
50 Jenny Lind
100 Carl von Linné
500 Karl XI (voorkant)
Christopher Polhem (agterkant)
1000 Gustav I Wasa
Sweedse muntstukke
Geldwaarde Afbeelding
0,50 Drie krone
1 Portret van die koning
5 Die koning se voorletters
10 Portret van die koning

Volgens 'n besluit van die Sweedse parlement sal die 50-öre-muntstukke op 30 September 2010 afgeskaf word.[1]

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]