Taren Point

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Taren Point is 'n woonbuurt in die suide van Sydney in die staat Nieu-Suid-Wallis in Australië. Taren Point is sowat 20 km suid van Sydney se sentrale sakekern geleë in die plaaslike regeringsgebied van die Sutherland Shire.

Taren Point is 'n klein woonbuurt wat omring word deur die woonbuurte van Sylvania Waters en Caringbah. Taren Point is op die skiereiland waar die Captain Cook-brug die Georges-rivier oorsteek na Sans Souci in die St George gebied.

Die Taren Point buurt bevat 'n mengsel van woon-, sake- en nywerheidsgebiede. Die woongebied is langs die oewer van die Georges-rivier geleë waar dit uitmond in Botany Bay. Die meeste sake- en nywerheidsgebiede is rondom Taren Point Road geleë en aan die ooste in Woolooware Bay se rigting.