Tee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Teestruik
Gedroogde Darjeeling teeblare
Teesakkies

Tee (Engels: tea; Nederlands: thee; Duits: Tee; Sjinees:chá) is 'n warm drank wat uit die gedroogde blare van die teestruik Camellia sinensis berei word.[1]

Die oorsprong van die teestruik is nie meer bepaalbaar nie. Waarskynlik stam die struik uit suidwes Sjina, Assam of Kambodja. Deesdae word daar onderskei tussen twee oorspronklike teestruike:

  • Sjinese teestruik Camellia sinensis
  • Assamse teestruik Camellia assamica

Camellia is die latiniseerde naam van die eerw. Georg Joseph Kamel[2] (1661-1706). Kamel was 'n Tjeggiese jesuiët, farmaseut en sendeling op die Filippyne. Die Sweedse dokter, plantkundige en bioloog Carolus Linnaeus het die naam gekies om Kamel se bydrae tot die plantkunde te eer.[3] Alhoewel Kamel die struik nie ontdek het nie[4] en Linneaus die teestruik as Thea beskou het.[5] Dit was die Engelse plantkundige Robert Sweet (1783-1835) wat al soorte van Thea na die klas Camellia verskuif het.[6] Die naam sinensis is die Latynse vorm vir Sjinees.

Teesoorte[wysig]

  • Swart tee: Assam, Ceylon, Darjeeling, Earl Grey, English Breakfast
  • Groen tee: Gunpowder, Sen Cha, Li Zi Xiang, Yunnan Yun Yin -Rolling Clouds Special
  • Wit tee: Pai Mu Dan - Mee Sum, Mo Li Yin Zhen
  • Geel tee: Jun Shan Yin Zhen
  • Oolong: Dong Ding Oolong Cha, Ti Kuan Yin Cha

Wêreldproduksie[wysig]

Kaart wat die grootste teeprodusente vertoon.
Land 2008 2009 2010
Vlag van Volksrepubliek van Sjina Sjina 127 498 1 375 780 1 467 467
Vlag van Indië Indië 987 000 972 700 991 180
Vlag van Kenia Kenia 345 800 314 100 399 000
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka 318 700 290 000 282 300
Vlag van Turkye Turkye 198 046 198 601 235 000
Vlag van Viëtnam Viëtnam 173 500 185 700 198 466
Vlag van Iran Iran 165 717 165 717 165 717
Vlag van Indonesië Indonesië 150 851 146 440 150 000
Vlag van Argentinië Argentinië 80 142 71 715 88 574
Vlag van Japan Japan 96 500 86 000 85 000
Totaal 4 211 397 4 242 280 4 518 060

Verwysings[wysig]

  1. HAT: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Vyfde uitgawe, F. F. Odendal & R.H. Gouws, 2005.
  2. Stafleu, FA; Cowan, RS (1976–88). Taxonomic literature: A selective guide to botanical publications and collections with dates, commentaries and types (2nd ed.). Utrecht: Bohn, Scheltema and Holkema
  3. Botanics, History of Tea, 2003-8-10, "Georg Jeoseph Kamel, whose name in Latin was Camellus was missionary to the Philippines, died in Manilla in 1706. […] Camellias were named in posthumous honor of George Joseph Kamel by Carolus Linnæus".
  4. Botanics, History of Tea, 2003-8-10, "It is speculated that he never saw a camellia".
  5. Golender, Leonid (2003-8-10), Botanics, History of Tea, "The first edition of Linnaeus's Species Plantarum published in 1753 suggested calling the tea plant Thea sinensis…"
  6. International Association for Plant Taxonomy (2006), "Article 13, example 3", International Code of Botanical Nomenclature (Vienna Code) (electronic ed.), "The generic names Thea L. (Sp. Pl.: 515. 24 Mai 1753), and Camellia L. (Sp. Pl.: 698. 16 Aug 1753; Gen. Pl., ed. 5: 311. 1754), are treated as having been published simultaneously on 1 May 1753. ... the combined genus bears the name Camellia, since Sweet (Hort. Suburb. Lond.: 157. 1818), who was the first to unite the two genera, chose that name, and cited Thea as a synonym".

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Tee (kategorie)