Teotihuacán

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pre-Spaanse stad Teotihuacán*
Unesco-wêrelderfenisgebied

View from Pyramide de la luna.jpg
Die son-piramid en die "straat van die dooies" in Teotihuacán soos gesien vanaf die Maan-piramid.
Ligging van Teotihuacán op 'n kaart (Meksiko)
Teotihuacán
Teotihuacán
Posisie van Teotihuacán in Meksiko
Koördinate: 19°41′32″N 98°50′39″W
Lande Vlag van Meksiko Meksiko
Tipe Kultureel
Kriteria I, II, III, IV, VI
Verwysings 414
Streek Noord-Amerika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1987  (11de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Teotihuacán (Nahuatl: Tēotīhuacān) is 'n voormalige stad in die Meksikaanse deelstaat México. Die huidige ruïne lê naby die stad San Juan Teotihuacán met 'n bevolking van sowat 45 000 en is sowat 45 km in die noordooste van die hoofstad Meksikostad geleë.

Ligging van Teotihuacán in Meksiko.
'n model van Teotihuacán.

Die stadsgebied was reeds sedert die sesde eeu voor Christus blywend gevestig. Tussen 100 en 650 na Christus was Teotihuacán die oorheersende kulturele, ekonomiese en militêre sentrum van Meso-Amerika. Op die hoogtepunt van sy ontwikkeling het die stad vermoedelik 'n bevolking van 200 000 gehad en was dus in sy tyd by verre die grootste stad in die Amerikas en een van die grootste stede in die wêreld. Van ongeveer 650 het haar invloed begin afneem, totdat die stad omstreeks 750 laat vaar is, maar die kulturele invloede het tot die Spaanse verowering van Meksiko voortgehou. Die Asteke, wat die ruïne in die Hoogland van Mexiko reeds as verlate plek gevind het, het dit as mitiese plek beskou en (Tēotīhuacān genoem, wat beteken waar 'n mens 'n god word.[1]

Die stad word sedert die tyd van die aankoms van die eerste Spanjaarde bestudeer, maar professionele opgrawings vind egter eers sedert ongeveer 1900 plaas. Die afwesigheid van 'n skriftelike nalatenskappe belemmer die navorsing in geen geringe mate, en baie resultate kan slegs deur middel van die interpretasie van die bevindinge verkry word. Teotihuacán word sedert 1987 deur UNESCO as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

Verwysings[wysig]

  1. (en) John Bierhorst:A Nahuatl - English dictionary and concordance to the Cantares mexicanos with an analytic transcription and grammatical notes Stanford, Stanford University Press 1985. ISBN 0-8047-1183-6