Terry Pratchett

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Icono de traducción.svg Die taalgebruik van hierdie artikel/hoofstuk moet nagegaan word.
Hierdie artikel/hoofstuk is geskep deur ’n anderstalige gebruiker en moet nagegaan word vir spelling, sinsbou en woordkeuse. Indien die artikel/hoofstuk nie binne die volgende twee weke versorg word nie, mag dit vir verwydering kwalifiseer.


Terry Pratchett
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Pratchett in 2012

Geboortenaam Terence David John Pratchett
Gebore 28 April 1948
Beaconsfield, Buckinghamshire, Engeland
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Ouers David en Eileen Pratchett
Beroep Kortverhaalskrywer
Bekend vir Discworld
Good Omens
Nation
Webblad www.terrypratchett.co.uk

Terence David John Pratchett OBE is 'n Engelse fantasieskrywer (gebore die 28ste April, 1948, in Beaconsfield, Buckinghamshire, Engeland). Hy is beroemd vir sy Discworld-reeks. Teen Maart 2005 het hy reeds ongeveer 40 miljoen boeke wêreldwyd verkoop. Hy word algemeen beskou as een van die bekwaamste satirici in die Engelse letterkunde, en word vergelyk met sulke wyduiteenlopende persone as Douglas Adams, Jonathan Swift, Charles Dickens, Lewis Carroll, Evelyn Waugh en P. G. Wodehouse.

Biografie[wysig]

Terry Pratchett is in 1948 gebore, in Engeland, as die seun van David en Eileen Pratchett. Hy skryf sy opvoeding veral toe aan die Beaconsfield openbare biblioteek.

Hy publiseer 'n kortverhaal op ouderdom dertien in sy skooljaarboek, en daarna 'n kortverhaal in 'n tydskrif op ouderdom 17. In 1965 ná skool, gaan werk hy as 'n verslaggewer by die plaaslike koerantjie, en werk daarvandaan sy weg die wêreld op as joernalis by al groter koerante, tot in 1980, waarna hy die persbeampte van 'n sentrale elektrisiteitsraad word. Teen 1987 genereer hy soveel inkomste uit sy gepubliseerde werk dat hy voltyds kan begin skryf.

Sy eerste vollengte boek The Carpet People word in 1971 publiseer. Nadat hy voltyds begin skryf, publiseer hy omtrent twee boeke per jaar. In 1998 word hy aangestel as 'n offisier van die (OBE) vir diens aan die literatuur. Tipies aan sy sin vir humor, vermoed hyself dat sy "diens aan die literatuur" bestaan het daaruit dat hy hom weerhou daarvan om literatuur te skryf! Hy het reeds drie ere-doktorsgrade verwerf.

Persoonlike lewe[wysig]

Terry Pratchett het in 1968 met sy vrou, Lyn, getrou[1] en die paartjie het in 1970 na Rowberrow in Somerset getrek. Hulle dogter, Rhianna Pratchett (ook 'n skryfster) is daar in 1976 gebore. In 1993 het die gesin na suidwes van Salisbury in Wiltshire verhuis, waar hulle vandag nog woon.

Volgens Pratchett is sy tydverdrywe "skryf, stap, rekenaars, lewe".[2] Hy is ook bekend vir sy gewoonte om groot, swart hoede te dra, soos gesien kan word agter in die omslae van die meeste van sy boeke. Hy wou as kind 'n sterrekundige word en het 'n observatorium in sy tuin gebou.[3] Practhett is 'n ateïs en 'n Gesiene Ondersteuner (Distinguished Supporter) van die Britse Humanistiese Vereniging.[4]

Pratchett se belangstelling in orang-oetangs word weerspieël in een van sy gewildste fiktiewe karakters, die Librarian ("bibliotekaris") en sy werk as kurator vir die Orangutan Foundation UK.[5] As deel van sy aktiwiteite daar het hy Borneo in 1995 besoek met 'n filmspan van die Britse televisiekanaal, Channel 4, om 'n episode van "Jungle Quest" te verfilm, wat orang-oetangs in hulle natuurlike habitat bestudeer.[6] Gebeurtenisse wat deur Pratchett se aanhangers georganiseer word, soos bv. Skywêreld-byeenkomste, het Pratchett se voorbeeld gevolg het die Orangutan Foundation as hulle genomineerde liefdadigheidsorganisasie aangeneem.[7]

Pratchett het op 31 Julie 2005 die persdekking van die Harry Potter-skryfster, J. K. Rowling, gekritiseer en gesê dat sekere lede van die media blykbaar dink dat "die aanhoudende verheffing van J. K. Rowling slegs bereik kan word ten koste van ander skrywers".[8][9] Hy het egter nie enige hekel aan die Potter-boeke self genoem nie.

In Augustus 2007 was Pratchett gediagnoseer dat hy 'n klein beroerte in 2004 of 2005 gehad het. Dié beroerte het die regterkant van sy brein beskadig en, alhoewel dit sy motoriese vaardighede aangetas het, het dit nie sy skryfwerk geaffekteer nie.[10] Pratchett het op 11 Desember 2007 openbaar dat die rede vir die beroerte "'n baie skaars vorm van vroeë-aanvangende Alzheimer se siekte was".[11][12] Hy beplan egter om optimisties te bly en aan te hou skryf.[11]

Die Discworld[wysig]

Die Discworld-reeks ("Skyfwêreld") het reeds meer as dertig boeke. Sy oeuvre is 'n humoristiese, dikwels satiriese fantasie wat met alles onder die son die spot dryf, 'n son in dié geval wat rondom 'n plat skyf -- die wêreld van die titel -- wentel. Die skyf word gedra deur vier reuse olifante, wat op hul beurt weer gedra word op die rug van 'n enorme ruimteseeskilpad wat sy weg deur die sterre swem.

Sy kinderboek The Amazing Maurice and His Educated Rodents wen die 2001 Carnegie Medalje vir die beste kinderverhaal van daardie jaar.

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Terry Pratchett (kategorie)
Die artikel is losweg gebaseer op Terry Pratchett vanuit die Engelse Wikipedia.
  1. Citefout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named smythe
  2. Terry Pratchett Biography: The Terry Pratchett Unseen Library. Laaste besoek op 2007-03-26.
  3. Talking with Terry Pratchett by terrypratchettbooks.com. Laaste besoek op 8 Junie 2007.
  4. Distinguished Supporters of Humanism by die webwerf van die Britse Humanistiese Vereniging.
  5. Accomplishments and Achievements - 2. Media and Publicity by die webwerf van die Orangutan Foundation UK. Laaste besoek op 6 Junie 2007.
  6. BFI Film & TV Database: Short Stories: Terry Pratchett's Jungle Quest. Laaste besoek op 6 Junie 2007.
  7. Discworld Convention 2004 , 9 September 2004. Besoek op 6 Junie 2007.
  8. Pratchett takes swipe at Rowling by die webwerf van die BBC. 2005-07-30.
  9. Citefout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Scotsman
  10. Daily Mail: Terry Pratchett: "I had a stroke - and I didn't even notice", 29 Oktober 2007. Besoek op 2 November 2007.
  11. 11,0 11,1 Terry Pratchett, PaulKidby.com: An Embuggerance, 12 Desember 2007.
  12. BBC: Pratchett has Alzheimer's disease, 12 Desember 2007.