Terschelling

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Terschelling
Skylge
Die hawe van Terschelling
Die hawe van Terschelling
Vlag van Terschelling
Vlag
Wapen van Terschelling
Wapen
Ligging van die Terschelling-munisipaliteit in Friesland
Ligging van die Terschelling-munisipaliteit in Friesland
Koördinate: 53°24′00″N 5°21′00″O
Land Vlag van Nederland Nederland
Provinsie Frisian flag.svg Friesland
Regering
 - Burgemeester J.M. Visser (PvdA)
Oppervlak
 - Munisipaliteit 674 km²  (260,2 vk m)
 - Land 87,11 km² (33,6 vk m)
 - Water 586,89 km² (226,6 vk m)
Bevolking (1 November 2012)
 - Munisipaliteit 4 797
 - Digtheid 55/km² (142,4/myl2)
Poskode 8880 - 8897
Skakelkode(s) 0562
Webwerf: www.terschelling.nl

Terschelling (Wes-Fries: Skylge) is 'n munisipaliteit in die provinsie Friesland en die derde bewoonde Nederlandse Wadde-eiland vanuit die weste.

In die noorde grens Terschelling aan die Noordsee en in die suide aan die Waddesee. Suidwes lê die eiland Vlieland en oos die eiland Ameland. Terschelling het 'n strand van 30 km en meer as 70 km se fietspaaie.

Soos op die meeste ander Wadde-eilande is toerisme 'n baie belangrike bron van inkomste. In die spitsseisoen is daar meer as drie keer soveel toeriste as in die winter. Elke jaar in Junie word die Oerolfees op die eiland gehou. Daar is ook 'n seevaartskool wat na Willem Barentz genoem is.