Theodosius III van Bisantium

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Theodosius III
Keiser van die Bisantynse Ryk
’n Muntstuk wat Theodosius III uitbeeld.
’n Muntstuk wat Theodosius III uitbeeld.
Bewind Mei 71525 Maart 717
Tydperk 20 jaar van anargie
Voorganger Anastasius II
Opvolger Leo III

Theodosius III (Grieks: Θεοδόσιος Γ΄, Theodosios III) was die Bisantynse keiser van 715 tot 25 Maart 717. Hy was ’n belastinggaarder wat ná ’n opstand deur soldate teen Anastasius II tot keiser verklaar is. Hy wou aanvanklik nie troon aanvaar nie, maar het dit eindelik in Mei 715 gedoen.

Min is bekend van Theodosius se kort bewind. Hy het onmiddellik voor aanvalle deur die Moslemse Arabiere te staan gekom. Hulle het tot diep in Anatolië binnegedring. In 716 het hy ’n verdrag met Tervel van Bulgarye gesluit wat gunstig vir die Bulgare was in ’n poging om hul steun teen die Arabiese inval te wen. Dit het daartoe gelei dat hulle die Bisantyne in 719 gehelp het in die beleg van Konstantinopel.

In 717 het Leo die Isauriër teen Theodosius se bewind gerebelleer. Hy het Theodosius se seun gevange geneem en Theodosius het op 25 Maart 717 geabdikeer. Hy en sy seun het daarna geestelikes geword.

Daar is geglo Theodosius het teen 729 die biskop van Efese geword. Moderne historici meen egter die biskop was eintlik sy seun, ook Theodosius .

Bronne[wysig]

  • The Oxford Dictionary of Byzantium, Oxford University Press, 1991.
  • Crystal txt.png Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Keisers van die Bisantynse Ryk
Palaiologos-Dynasty-Eagle.svg
Konstantyn die GroteConstantius IIConstans IJulianusJovianusValentinianus IValensGratianusTheodosius IArcadiusTheodosius IIMarcianusLeo ILeo IIZenoBasiliscusAnatasius IJustinus IJustinianus IJustinus IITiberius IIMauriciusPhokasHerakleiosKonstantyn IIIHeraklonasConstans IIKonstantyn IVJustinianus IILeontiosTiberius IIIJustinianus IIPhilippikosAnastasius IITheodosius IIILeo IIIKonstantyn VArtabasdosLeo IVKonstantyn VIIreneNikephoros IStaurakiosMichael ILeo VMichael IITheophilusMichael IIIBasilius ILeo VIAlexanderKonstantyn VIIRomanos IRomanos IINikephoros IIJohannes IBasilius IIKonstantyn VIIIZoëRomanos IIIMichael IVMichael VTheodoraKonstantyn IXMichael VIIsak IKonstantyn XMichael VIIRomanos IVNikephoros IIIAlexios IJohannes IIManuel IAlexios IIAndronikos IIsak IIAlexios IIIIsak IIAlexios IVAlexios VTheodoros IJohannes IIITheodoros IIJohannes IVMichael VIIIAndronikos IIAndronikos IIIJohannes VJohannes VIAndronikos IVJohannes VJohannes VIIJohannes VManuel IIJohannes VIIIKonstantyn XI