Thornham

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Thornham
Ligging van Thornham op 'n kaart (Oos-Kaap)
Thornham
Thornham
Koördinate: 33°58′0″S 23°56′0″O Koördinate: 33°58′0″S 23°56′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distriksmunisipaliteit Cacadu
Plaaslike Munisipaliteit Kou-Kamma
Tydsone SAST (UTC+2)

Thornham is ‘n landbounedersetting in die Tsitsikamma (streek). Dit is die eerste dorpie oos van die Stormsrivier brug op die N1-nasionale pad en sy naam staan met witgekalkte klippe teen die berghang uitgepak.

In 1860 het Thorne en Cunningham ‘n deel van die plaas Blouleliesbos gekoop en in die 1900’s is aanliggende grond bygekoop. Op 23 Julie 1968 is die 320ha as die gesamentlike eiendom van 127 inwoners geregistreer. Die grond is nie onderverdeel nie en niemand besit ‘n afsonderlike transportakte nie. Van die begin af was die dorpie eksklusief vir die bewoning van die afstammelinge van Thorne en Cunningham en grond kan nie aan buitestaanders verkoop word nie. Vandag staan die inwonertal by die 700. In 1955 is die naam Thornham aangeneem om die stigters te herdenk.

Die Morawiese kerk is die enigste kerk op Thornham. In 1915 is ‘n skool in gebruik geneem wat Sondae as kerk gebruik is. Sondae was die pastoor die predikant en gedurende die week die meester. In 1964 is ‘n volwaardige kerkgebou opgerig.

Die grond is vrugbaar, die reënval baie betroubaar en ‘n fontein lewer vars water. Daar is baie werkgeleenthede op die plantasies, by die saagmeulens en in die toerismebedryf.

Sien ook[wysig]

Bibliografie[wysig]

  • Serfontein, Jozua: Tsitsikamma - stories oor sy mense en dié kontrei. Observatory: Lotsha, 2006. ISBN 1-920133-05-4