De Havilland Tiger Moth
Voorkoms
(Aangestuur vanaf Tiger Moth)
DH.82 Tiger Moth | |
---|---|
Tipe | Afrigter |
Vervaardiger | De Havilland |
Ontwerp deur | Geoffrey de Havilland |
Nooiensvlug | 26 Oktober 1931 |
Bekendstelling | 1932 |
Onttrek | 1959 |
Status | Uit militêre diens gehaal, nog steeds in burgerlike gebruik |
Hoofgebruiker | Britse Koninklike Lugmag Koninklike Australiese Lugmag Kanadese Lugmag Nieu-Seelandse Lugmag |
Vervaardig | 1931–1944 |
Aantal gebou | 8 868[1] |
Ontwikkel van | de Havilland DH.60 Moth |
Weergawes | Thruxton Jackaroo |
Die De Havilland Tiger Moth is 'n tweevlerkvliegtuig wat in die 1930's deur Geoffrey de Havilland ontwerp is. Tydens die Tweede Wêreldoorlog word meer as 4 000 eksemplare gebou en deur die Britse Koninklike Lugmag (Royal Air Force) gebruik vir die opleiding van vlieëniers. Die Britse Lugmag skort die gebruik van die vliegtuie in 1952 op, maar omdat die vliegtuig relatief goedkoop is om te bedryf, bly dit gewild in die burgerlugvaart.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "De Havilland Tiger Moth (D.H.82)." web.archive.org. Besoek op 17 Mei 2014.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie De Havilland Tiger Moth.
- In 'n Tiger Moth oor Johannesburg op YouTube