Tim O'Reilly

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Tim O'Reilly
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Tim O'Reilly in 2009

Gebore 6 Junie 1954
Cork, Republiek van Ierland
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State Verenigde State
Beroep Stigter en hoof uitvoerende beampte van O'Reilly Media
Webblad tim.oreilly.com
Tim O'Reilly in 2007
Tim O'Reilly in 2008

Tim O'Reilly (Iers-Gaelies: Tadhg Ó Raghallaigh, 1954) is gebore in Cork, Ierland. Hy is die stigter van O'Reilly Media (voorheen O'Reilly & Associates) en ondersteuner van die vrye sagteware en oopbronbewegings.

O'Reilly was aanvanklik geïnteresseer in literatuur maar het na hy sy BA graad cum laude aan die Harvard Kollege in 1975 in die Klassieke behaal het, het hy betrokke geraak by die uitgee van rekenaarhandboeke. Hy beskryf sy maatskappy nie as 'n boek- of aanlynuitgewery nie of as 'n konferensie-organiseerder nie (alhoewel sy maatskappy al drie doen), maar as 'n tegnologie-oordragmaatskappy wat, "die wêreld verander deur die kennis van inoveerders te versprei." O'Reilly is op die Raad van CollabNet, en was of die raad van Macromedia tot hul 2005 samesmelting met Adobe. In Maart 2007, het hy MySQL AB se Raad van Direkteure aangesluit.

In 2001 was O'Reilly betrokke by 'n dispuut met Amazon.com, en het 'n leidende rol gespeel in regsaksie teen Amazon se eenklik-patent, en spesifiek Amazon se gebruik van daardie patent teen sy mededinger barnesandnoble.com. Die protes het geeindig met O'Reilly en Jeff Bezos se besoek aan Washington, D.C. ten einde te steun te werf vir patent hervorming.

In Desember 2006 het O'Reilly se uitgewery $10 000 aan Creative Commons geskenk, as deel van sy bevordering van die vry-kultuurbeweging.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Tim O'Reilly (kategorie)