Tobolsk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Tobolsk
Тобольск
Lugfoto van die Tobolsk-kremlin
Lugfoto van die Tobolsk-kremlin
Vlag van Tobolsk
Vlag
Wapen van Tobolsk
Wapen
Die ligging van Tjoemen-oblast in Rusland
Die ligging van Tjoemen-oblast in Rusland
Ligging van Tobolsk op 'n kaart (Tjoemen-oblast)
Tobolsk
Tobolsk
Die ligging van Tobolsk in Tjoemen-oblast
Koördinate: 58°12′0″N 68°15′0″O
Land Vlag van Rusland Rusland
Deelgebied Tjoemen-oblast
Stigting 1587
Stadstatus 1590
Regering
 - Tipe Stad-okroeg
 - Burgemeester Wladimir Mazoer
Oppervlak
 - Stad 222 km²  (85,7 vk m)
Hoogte 90 m (295 vt)
Bevolking (2013)
 - Stad 98 169
 - Digtheid 449/km² (1 162,9/myl2)
Tydsone JEKT (UTC+06:00)
Poskode 626102–626159
Skakelkode(s) 7 3456
Webwerf: admtobolsk.ru

Tobolsk (Russies: Тобо́льск) is ’n historiese hoofstad van Siberië en nou deel van die Tjoemen-oblast in Rusland. Dit is geleë aan die samevloei van die Tobol- en die Irtisj-rivier. Die inwonertal is 98 169 (2013).

Geskiedenis[wysig]

Tobolsk in die 1910's.

Tobolsk is in 1585-1586 deur die Kosak Jermak gestig naby die ruïnes van Qashliq, die hoofstad van die Siberiese Khanaat. Dit het gegroei danksy handelsbande met Sjina en Buchara. Die eerste skool, teater en koerant van Siberië het hier ontstaan.

In The Further Adventures of Robinson Crusoe het Daniel Defoe sy karakter Robinson Crusoe van September 1703 tot Junie 1704 in Tobolsk laat bly. Ná die Sweedse neerlaag in die Slag van Poltawa in 1709 is talle oorlogsgevangenes hierheen gestuur. Hulle het toe sowat ’n kwart van die bevolking uitgemaak. Baie van hulle het hulle permanent in die stad gevestig.

Tot met die Russiese Rewolusie van 1917 was Tobolsk die hoofstad van die Tobolsk-goebernija. Dit het in die 1890's minder belangrik geword omdat die Transsiberiese Spoorlyn nie by die stad verbygeloop het nie.

Tsaar Nikolaas II van Rusland en sy gesin is van Augustus 1917 af daar aangehou. Toe die Wit Leër tot naby die stad opruk, is hulle na Jekaterinburg verskuif waar hulle tereggestel is.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]

Eksterne skakel[wysig]