Torpedinidae

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Torpedinidae
T. torpedo
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Klas: Chondrichthyes
Subklas: Elasmobranchii
Orde: Torpediniformes
Familie: Torpedinidae
Bonaparte, 1838
Genus: Torpedo
Houttuyn, 1764
Tipe-spesie
Raja torpedo
Linnaeus, 1758

Die Drilvisse (Torpedinidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Torpediniformes. Daar is slegs een genus met sewentien spesies wat hoort tot dié familie en drie van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke[wysig]

Die familie se kop, lyf en pektorale vinne vorm een ronde skyf met 'n groot elektriese orgaan weerskante van die kop. Daar is twee dorsale vinne teenwoordig en die stertvin het 'n boonste- en onderste lob. Daar is vyf paar kieu splete onder die kop. Die grootte wissel van 0.6 - 1.8 m. Die familie is oor die algemeen bodem bewoners tot op dieptes van 457 m. Hulle eet onder andere skaaldiere, wurms en pelagiese vis. Die elektriese organe kan 'n skok van tot 220 V lewer wat gebruik word om die prooi tydelik te verlam.

Genus[wysig]

Die volgende genus en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Torpedo

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]