Towerkrag

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Towerkrag in die okkultisme stel 'n persoon in staat om toegang te verkry tot een of ander bonatuurlike krag of vermoë wat nie normaalweg beskou word as 'n menslike vermoë nie. Towerkrag poog om die natuur te onderwerp aan die wil van die mens en word gedefinieer as: "Die kuns en wetenskap om verandering te bewerkstellig in samewerking met wilskrag" Metodes en tegnieke word ondersoek wat lei tot bewustelike evolusie deur die rig van energie deur bewustelik toegang te verkry na vermoëns soos intuïsie, inspirasie en kreatiewe verbeelding.

Towerkrag maak die aanname dat die wêreld bestaan uit subtiele energie wat gerig kan word om verandering te bewerkstellig. 'n groot fokus word dus geplaas op die gedissiplineerde ontwikkeling van verstand, wilskrag en bewussynsvlakke. Towerkrag vereis as fondasie 'n gebalanseerde lewe met 'n stabiele en geïntegreerde karakter. 'n Groot klem word dus geplaas op die ontwikkeling van 'n individu.

Towerkrag gaan baie maal gepaard met rituele, simboliek asook towerspreuke om die towerkragte te manipuleer.

Voorbeelde van towerkrag is:

Towerkrag word onderskei van Towerkuns, wat meer te make het met oëverblindery waardeur die towenaar die gehoor mislei deur goed beplande truuks. Towerkuns word gewoonlik aangebied as vermaak.

Towerkrag verskil van ander gelowe in die sin dat dit baie dinamies is en die hoofklem plaas op die individu om te werk vir verandering.