Townsville

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Townsville
TownsvilleSkyline08.jpg
Ligging van Townsville op 'n kaart (Australië)
Townsville
Townsville
Koördinate: 19°15′23″S 146°49′6″O
Administrasie
Staat Vlag van Australië Australië
Deelstaat Flag of Queensland.svg Queensland
Stigting 1865
Bevolking (2011)
 - Stad 191 329
Tydsone AEST (UTC+10)

Townsville (poskodes: 4810-4819) is 'n stad aan die ooskus van Australië in die staat van Queensland.

Hierdie stad is aangrensend tot die sentrale area van die Great Barrier Reef in Australië se droë trope, Noord-Queensland. Jaarliks kan tot 300 sonskyndae verwag word met gunstige weersomstandighede: dít en verskeie besienswaardighede asook ander buitelewe-aktiwiteite maak Townsville 'n baie toeriste-vriendelike stad.

Onder die gewilde toeriste-aanloklikhede is The Strand, 'n lang tropiese strand met 'n groenstrook; die Reef HQ, 'n baie groot tropiese akwarium met verskeie van die Great Barrier Reef se inheemse fauna en flora; die Museum van Tropiese Queensland wat rondom die oorblyfsels van die Britse oorlogskip, HMS Pandora, gebou is; Magnetic Island, 'n nabygeleë eiland waarvan die grootse deel nasionale park is.

Townsville word geskei deur twee plaaslike regeringsgebiede, nl. die City of Townsville en die City of Thuringowa wat elk onderskeidelik bestuur word deur die Townsville Stadsraad en Thuringowa Stadsraad. Daar word na die gesamentlike woongebied verwys as "Townsville", terwyl plaaslike inwoners gereeld verwys na die "Twin Cities". Volgens die mees onlangse populasiestatistiek vir die Townsville Statistiese Distrik, is die populasiesyfer 148,767 (Junie 2005)).[1] Townsville is die grootste stedelike gebied noord van die Sunshine Coast en word gesien as die onoffisiële hoofstad van Noord-Queensland.

Verwysings[wysig]

Aantekeninge[wysig]

Hierdie artikel is 'n vertaling van die Engelse Wikipedia artikel "Townsville".