Tradisionele Sjinese karakters

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Tradisionele Sjinese karakters
Hanzi (traditional).svg
Soort skryfstelsel Logografie
Taal Sjinees
Tydperk sedert 500
Voorloper Orakelbeenskrif
Gelei tot Vereenvoudigde Sjinese karakters, Kanji, Hanja, Chữ nôm, Zhuyin, Khitan-skryf
ISO 15924 Hant, 502
Nota Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat

Tradisionele Sjinese karakters (tradisionele Sjinees: 繁體字, vereenvoudigde Sjinees: 繁体字, pinyin: Fántǐzì) is daardie Sjinese karakters in enige karakterversameling wat nie die nuut geskape karakters of karaktervervangings wat na 1946 uitgevoer is, bevat nie. Oor die algemeen verwys hierdie beskrywing na die gestandardiseerde karakterversamelings van Taiwan, van Hongkong, en van die Kangsji-woordeboek. Die moderne fatsoene van die tradisionele Sjinese karakters het die eerste met die opkoms van die klerklike skrif tydens die Han-dinastie verskyn en is sedert die 5de eeu en deur die Suidelike en Noordelike Dinasties min of meer onveranderd. Die retroniem "tradisionele Sjinees" word gebruik om die tradisionele karakters van die Vereenvoudige Sjinese karakters, 'n gestandardiseerde karakterversameling wat deur die regering van die Volksrepubliek van Sjina tydens die 1950's op die Sjinese Vasteland ingevoer is, te onderskei. Tradisionele Sjinese karakters word vandag in Taiwan (Republiek van Sjina), Hongkong, Macau, en Kwangtsjou gebruik, alhoewel die aantal gedrukte materiaal in vereenvoudige karakters in Australië, die VSA, en Kanada aan die groei is om in die behoeftes van die al groterwordende Sjinese Vastelandse diaspora te voldoen. 'n Groot aantal oorsese Sjinese aanlyn koerante laat gebruikers toe om tussen beide karakterversamelings te kies (byvoorbeeld die Sjinese weergawe van The New York Times).[1] Vereenvoudige Sjinese karakters word in die Sjinese Vasteland, Singapoer en Maleisië se amptelike publikasies gebruik. Daar heers steeds debat oor die gebruik van tradisionele en vereenvoudige Sjinese karakters onder Sjinese gemeenskappe.

Sien ook[wysig]

Voetnotas[wysig]