Treurwilger

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Treurwilger
'n Treurwilger in Istanbul
Bewaringstatus
NE
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(geen rang): Angiosperms
(geen rang): Eudicots
(geen rang): Rosids
Orde: Malpighiales
Familie: Salicaceae
Genus: Salix
Spesie: S. babylonica
Binomiale naam
Salix babylonica
L.

Die Treurwilger (Salix babylonica) is 'n genaturaliseerde boom, dus 'n indringerplant, in Suider-Afrika wat oorspronklik uit China kom. Daar kom slegs vroulike bome hier voor maar die bome het gevestig geraak deur vegatiewe voortplanting - 'n natuurlike gevolg van takke wat afval. Die boom kom wydverspreid langs strome en op rivieroewers voor. Dit het lang lowerryke, neerhangende takke. Die blare is lank, dun en glansend met fyn getande blaarrande. Die blare is bo liggroen en onder blouerig.

Sien ook[wysig]

Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor:
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Treurwilger (kategorie)

Bronne[wysig]