Turkse lira

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Turkse Lira)
Spring na: navigasie, soek
Die Turkse lira

Die Turkse lira (Turks: türk lirası), of Turkse pond, is die geldeenheid van Turkye en die nie-erkende Turkse Republiek van Noord-Siprus en word deur die Turkse Sentrale Bank uitgereik. Tot in 2008 is die geldeenheid die Nuwe Turkse lira (yeni türk lirası) genoem; dit het die Turkse lira op 1 Januarie 2005 vervang toe die geldeenheid gedevalueer is. Sedert 1 Januarie 2009 word dit weer die Turkse lira genoem.