Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Al word Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein as 'n fiktiewe Suid-Afrikaanse dorpie beskou, is dit, volgens professor AM de Lange (Universiteit van Pretoria), die naam van 'n plaas wat in die provinsie Noordwes ongeveer 200 km wes van Pretoria lê en is amptelik met by die Landmeter-Generaal geregistreer.[1] [2] Die naam is ook in die advertensiewese gebruik word om die tipiese klein plattelandse dorpie te beskryf.

Terwyl dit nie streng grammaties korrek is nie, illustreer die naam ook die saamflansende kenmerk van Afrikaans: al die beskrywende aspekte van 'n konsep kan in die algemeen saamgebind word in een lang woord. 'n Ander voorbeeld sou wees wildewaatlemoenkonfytkompetisiebeoordelaarshandleiding of wat van een met so 70 letters: maketaanwaatlemoenkonfyttentoonstellingbeoordelaarshandleidingsboekies. Sulke uiterste gebruik is egter nie algemeen nie, en daar is ooreenstemming dat woorde met koppeltekens geskei word indien dit té lank begin raak.

Anton Goosen het ook 'n liedjie met hierdie titel opgevoer, wat deur Fanus Rautenbach geskryf is.

Bronne[wysig]

  1. Professor AM de Lange”. URL besoek op 25 Julie 2011.
  2. HUNT FOR TWO BUFFALOES”. URL besoek op 25 Julie 2011.