Twintig20

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Twintig20-wedstryd in volle swang. Twintig20 wedstryde word as gevolg van die korte duur daarvan dikwels in die aand gespeel.

Twintig20 (afgekort T20) is 'n vorm van krieket waar twee spanne elk 20 boulbeurte kry om vinnig soveel lopies moontlik te slaan. Dit is 'n relatief nuwe vorm van krieket en 'n wedstryd neem gewoonlik nie langer as 3 ure nie. Twintig20 is in 2003 in Engeland bekendgestel. Die doel van die korter formaat is om krieket aantrekliker vir TV-kykers te maak.

Sedert 2005 word Twintig20 wedstryde in internasionale verband gespeel. In 2007 word die eerste internasionale Twintig20 Wêreldkampioenskap in Suid-Afrika aangebied. Die wêreldkampioenskap is deur Indië gewen. In 2009 is die tweede Twintig20 Wêreldkampioenskap in Engeland aangebied, en deur Pakistan gewen.