USS Atlanta

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die USS Atlanta (CL-51)

Die USS Atlanta was 'n kruiser van die Amerikaanse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Sy was 'n nuwe geslag kruiser met die hoofdoel om op te tree in 'n lugafweer kapasiteit; 'n skip ontwerp om beskerming aan vlote te kan verskaf. Vir die rol was sy toegerus slegs met sestien 5-duim meerdoelige kanonne en agt 21-duim torpedobuise. Sy het 6,000 ton water verplaas en is gekelder tydens die Slag van Guadalcanal gedurende 1942.

Bron[wysig]