USS Enterprise

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die USS Enterprise in die Atlantiese Oseaan, 2004.
In die 1970's is die Enterprise met F-14 Tomcats toegerus, wat vanaf 1974 tot 2001 op die skip gebruik is.

Die USS Enterprise is 'n vliegdekskip van die Amerikaanse vloot en was die grootste oorlogskip ooit gebou tydens sy waterlating in 1961. Dit was die eerste vliegdekskip wat deur kernkrag aangedryf was. Die boukoste was $451 000 000.

Tegniese besonderhede[wysig | wysig bron]

Die skip is 335,9 m lank en verplaas 89 600 ton water met 'n volle vrag. Die vliegdek is 76,8 m wyd en die skip het 'n diepgang van 10,8 m. Dit is toegerus met agt A2W kernkragreaktors en vier stelle Westinghouse stoomturbines. Dit lewer gesamentlik sowat 200 000 skeepsperdekrag en verseker 'n topspoed van 35 knope. Hy dra 95 vliegtuie insluitende bomwerpers wat kernwapens kan dra. Dit is self slegs toegerus met kortafstand missiele vir selfverdediging. Dit het 'n bemanning van 5 500 gedra.

Omrede dit kernaangedrewe is, is daar geen behoefte aan 'n skoorsteen nie en is die beheersentrum - die sogenaamde eiland - vierkantig gebou.

Vaartrekords[wysig | wysig bron]

Nadat die skip in diens gestel is gedurende November 1961 het dit ononderbroke gewerk tot November 1964 voor die kernbrandstof vervang is. In die tydperk het dit 210 000 seemyl (388 920 km) afgelê. Gedurende 1964 het hierdie en twee ander kernaangedrewe skepe, USS Long Beach en USS Bainbridge tweekeer reg rondom die wêreld gevaar in 65 dae sonder om brandstof aan boord te neem of te stop.

Bron[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
  • The Encyclopedia of Sea Warfare. Spring Books. 1975. ISBN 0-600-33111-3
  • The US Warmachine. Salamander Books. 1979. ISBN O-86101-016-7