USS Nautilus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Nautilus op 8 Mei 2002, op pad huistoe na sy uittrede.

Die USS Nautilus was die eerste kernaangedrewe duikboot en vaartuig wat ooit gebou was en het behoort aan die Amerikaanse Vloot. Die Nautilus was 'n konvensionele duikboot wat toegerus was met 'n kernaangedrewe enjin en die Nautilus-projek was goedgekeur gedurende die 1952 begrotingsjaar deur die Amerikaanse Kongres.

Tegniese besonderhede[wysig | wysig bron]

Die duikboot het 3,764 ton water verplaas op die oppervlakte en 4,040 ton onder die water. Dit was 97,4 m lank, 8,4 m op sy wydste met 'n diepgang van 6,7 m. Dit was toegerus met ses 21-duim torpedobuise in die boeg. Energie is verskaf deur een S2W reaktor wat twee Westinghouse stoomturbines aangedryf het. Die turbines het 15 000 skeepsperdekrag gelewer aan twee skroewe wat 'n onderwater snelheid van 28 knope verseker het.

Reaktor[wysig | wysig bron]

Die aanvanklke ontwerp vir kernaangedrewe duikboot enjins is deur Argonne National Laboratory begin gedurende 1948 en was voortgesit deur Bettis Atomic Power Laboratory by Westinghouse. Dit het gelei tot die lewering van die Duikboot Termiese Reaktor wat bekend gestaan het as S2W. Die reaktor het hoëdruk waterverkoeling metodes gebruik. Dié ontwerp het vir die volgende dekade die basis gevorm van kernaangdrewe duikbote in die Amerikaanse vloot.

Ontwerp[wysig | wysig bron]

Die duikboot se ontwerp was gebaseer op die Duitse Tweede Wêreldoorlog Tipe XXI duikboot. Die ontwerp verseker hoë werksverrigting onderwater maar ten koste van laer spoed en minder beweeglikheid.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die duikboot was te water gelaat op 21 Januarie 1954 en in diens gestel op 17 Januarie 1955. Teen Augustus 1958 was daar genoeg vertroue in sy werksverriging en die duikboot vaar suksesvol onderdeur die Noordpool op 3 Augustus.

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Encyclopedia of Sea Warfare. Spring Books. 1975. ISBN 0-600-33111-3
  • The US Warmachine. Salamander Books. 1979. ISBN O-86101-016-7
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
USS Nautilus (kategorie)