U 107

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
U-107 by Lorient in November 1941.

U 107 was 'n Duitse duikboot van die IXB klas tydens die Tweede Wêreldoorlog. U 107 was in diens gestel gedurende Oktober 1940. Sy het hoofsaaklik diens gedoen in die noord Atlantiese Oseaan en somtyds in die omgewing van Freetown. Sy het 38 skepe gesink met 'n gesamentlike tonnemaat van 217 751 ton. Sy was uiteindelik gekelder deur 'n Sunderland vlieënde boot met dieptebomme gedurende Augustus 1944.

Klas IXB[wysig]

Dié klas duikboot was 251 voet lank en was toegerus met vier 21-duim torpedobuise in die boeg en twee in die agterkant. Die klas kon twee-en-twintig torpedo's dra en het genoeg diesel gedra om 'n tog van 8 700 myl te verseker. Die duikbote het 1 051 ton water verplaas wanneer op die oppervlak, was ook toegerus met een 4.1-duim kanon en twee lugafweer masjiengewere van 37 mm en 20 mm.

Die duikboot was aangedryf deur twee diesel/elektriese enjins van 4 400/1 000 perdekrag wat snelhede van 18.5 knope (op die oppervlak) en 7.25 knope (onder die water) kon verseker.

Hierdie klas het altesaam 1 4 miljoen ton skepe gesink, een tiende van alle skepe gesink deur U-bote.

Trivia[wysig]

U is Duitse afkorting vir Untersee Boten.

Bron[wysig]