Uitenhage

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Uitenhage
Ligging van Uitenhage op 'n kaart (Oos-Kaap)
Uitenhage
Uitenhage
Koördinate: 33°46′0″S 25°24′0″O Koördinate: 33°46′0″S 25°24′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Metropolitaanse Munisipaliteit Nelson Mandelabaai
Gestig 1804
Oppervlak
 - Dorp 75,35 km²  (29,1 vk m)
Bevolking (2011)
 - Dorp 103 639
 - Digtheid 1 400/km² (3 626/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode Bussse: 6229
Strate: 6230
Skakelkode(s) 041
'n Swart-en-witafbeelding van 'n skildery van Uitenhage, omstreeks 1860.

Uitenhage is 'n dorp naby Port Elizabeth in die provinsie Oos-Kaap (Suid-Afrika), wat veral vir sy Volkswagen-fabriek bekend is. Die Suid-Afrikaanse dogtermaatskappy van die Duitse motorvervaardiger is die grootste op die vasteland van Afrika met sowat 20 000 werknemers.

Geskiedenis[wysig]

Die landdrosdistrik Uitenhage, is op 7 Februarie 1804 deur Kommisaris-Generaal Jacob Abraham de Mist per proklamasie as 5de distrik van die Kolonie van Graaff-Reinet afgestig. Op 25 April 1804 is Kaptein Alberti, die Kommandant van Fort Frederick, deur 'n "Publicatie" deur die Goewerneur van die Kaapkolonie, Jan Willem Janssens, aangestel om die nuwe Landdrosdistrik te bestuur en 'n geskikte woning vir die Landdros van die distrik te vind. Kapt Jacob Glen Cuyler is in 1806 gestuur om die pligte van Kapt Alberti oor te neem. Die goewerneur vernoem die dorp na die Kaapse kommissaris-generaal Jacob Abraham Uitenhage de Mist. Op 11 Junie 1841 het die munisipaliteit van Uitenhage tot stand gekom deur die publikasie van regulasies daarvoor in die Staatskoerant ("Government Gazette"). (Bron: "Uitenhage Past and Present" Deur W S J Sellick)

Distrik[wysig]

Die distrik is 2 500km2 groot. Die belangrikste produkte wat verbou word is wol, sybokhaar, bees- en skaapvleis, sitrus en groente.

Uitenhage het in 2001 saam met Port Elizabeth en Despatch deel geword van die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit.

Sien ook[wysig]

Nota: Afstande per teerpad gemeet[1]

Verwysings[wysig]