Uli Aschenborn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
a) 'Morfo-Skulptuur': ”Manlike Lewenssiklus”, Kinetiese Kuns, 2003, 40 x 40 x 40 cm - sien hierdie video
b) Ets wat op die kop gedraai kan word. Dit wys talle persone en gesigte by noukeurige bekyking, 2005, 12 x 12 cm
c) Lewendige Tekening, Kinetiese Kuns, die oë van die getekende Ovahimba vrou draai altyd na die kyker - sien hierdie video
d) Kinetiese Kuns, Glassteen met vis, 2005, 21 x 21 x 21 cm
f) Krater of Berg, (dieselfde tekening op die kop gedraai) – vertoon in die Suermondt-Ludwig-Museum tydens die 'Winteruitstalling' in 1975
e) Buffel wat leeu storm, 2006, 80 x 100 cm
g) Pontok Berge - Namibia, 2007, 100 x 150 cm


Die kunstenaar Uli Aschenborn (Hans Ulrich Aschenborn) is in 1947 in Johannesburg Suid-Afrika gebore [1] [2] Sy pa Dieter Aschenborn en sy oupa Hans Anton Aschenborn (of Hans Aschenborn) is albei bekende kunstenaars in Suider-Afrika [3] [4] . Uli is een van die bekendste kunstenaars van Namibië en soos sy pa en oupa bekend veral vir dinamiese diereskilderye en landskappe van Afrika (vergelyk fotos e tot i ). In Namibië het die museums in Swakopmund en Windhoek en die Nasionale Kunsgalery van Namibië kunswerke van Uli [5] [2] [6] [4] .

Uli wat in Aachen Duitsland lewe, begin ook alhoemeer bekend raak in Europa [7] [8] [9] [10] [11]

. Daar is in Windhoek ook ’n Aschenbornstraat en 'n Hans Aschenborn Road in Mitchells Plein (Kaapstad). Uli geniet aansien as 'n restoureerder van Afrikaanse en Europese skilderye, en het ook 'n paar merkwaardige muurskilderye in Namibië gedoen (soos by Düsternbrook, Okapuka, die Cañon Lodge, Kings Den en meer). Hy het ook al verskeie hekke ontwerp [12] .

Uli kyk terug op 'n suksesvolle loopbaan as kunstenaar en die feit dat hy talle nuwe, interessante tegnieke ontwikkel het om 'n verskeidenheid skilderye, beelde en voorwerpe te skep wat voor jou oë van voorkoms kan verander. Die media beskryf dié innovering as "Uli Aschenborn's Amazing Changing Art" [7] [11][12] [13] (sien videos [14] a en c asook al die fotos wat hier te sien is behalwe e en g) .

Uli se nuwe werk - wat 2006 in die Nasionale Kunsgalery van Namibië in Windhoek uitgestal was - bestaan onder meer uit sy innoverende beelde wat om 'n aslyn draai. Die silhoeët vertoon dus 'n verandering. 'n Sprekende voorbeeld hiervan is 'n roterende beeld in silhoeëtvorm wat die voortdurende verandering van 'n jong dame na 'n ou vrou uitbeeld, of 'n aap wat in 'n mens omskep word. Dit word selfs duideliker uitgebeeld wanneer hierdie sogenaamde 'Morfo-Skulpture' verlig word sodat die skaduwees op 'n muur val [15] (videos [14] en a).

Tot Uli se nuwe werk behoort ook poli-aspek skilderye. Van hierdie werke roteer om 'n aslyn en kan van verskillende kante bekyk word. Elke kant beeld 'n verskillende tema uit (sien fotos b en f). Sommige vertoon kleiner voorwerpe in verskillende lae uit wat soos 'n legkaart saamgestel is. Dit kan baie ingewikkeld wees, soos die been van 'n vrou wat terselfdertyd die voorkop van 'n man kan wees, of dalk die neus van iets anders, en so voorts [15] (vergelyk foto b).

Nog 'n rits werke is helder tekeninge wat onder glasstene monteer is. Uit elke oogpunt verander die enkele beeld in iets heeltemal anders. Een daarvan is 'n vis wat lyk asof hy onder water swem. Afhangend van hoe dit gedraai word, lyk dié vis eers vriendelik, dan kwaad, dan skrik hy, op 'n stadium gaap hy selfs oopmond[15] (vergelyk foto d).

Uli Aschenborn is ook 'n professor vir rekenaargesteunde ontwerp, elektroniese dataverwerking, wiskunde en meganika[4] [16] [10] [17]

.

Toekennings[wysig]

  • 1964 Wenner van die "Kunswedstryd Suidwes-Afrika"
  • 1978 Borchers-toekenning

Uitstallings[wysig]

h) Renoster wat storm, Kinetiese Kuns (dit is dieselfde kunswerk van drie kante af bekyk - gedoen in die 'verkleurmannetjie-tegniek' van Uli Aschenborn), 2007, 100 x 100 x 4 cm

Groepuitstallings[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Lex-art, Duitse ensiklopedie op die internet
  2. 2,0 2,1 Omvattende oorsig oor die kunswerke van die Aschenborns, publieke webwerf
  3. Namibiese Lewensbeskrywings
  4. 4,0 4,1 4,2 Hans-Ulrich Aschenborn, Lewensbeskrywings - Namibiana Buchdepot
  5. Uli is een van die 10000 beste kunstenaars ter wêreld van die neentiende en twintigste eeu volgens die Russiese United Art Rating
  6. Aschenborns hou uitstalling, Namibiese tydskrif Republikein
  7. 7,0 7,1 Diplomacy Namibia, Premier International Affairs Website (bron: Namibiese tydskrif New Era)
  8. Ein Leben für die Kunst ('n Lewe vir die kuns), Namibiese Duitse tydskrif Allgemeine Zeitung
  9. Veränderliche Kunst und mehr... (Veranderlike kuns en meer …), Tydskrif in Duitsland met sommige skilderye
  10. 10,0 10,1 Uli Aschenborn Stolberg, Duitse tydskrif
  11. 11,0 11,1 Wandelbar wie ein Chamäleon - Uli Aschenborn malt "bewegliche Bilder" (Veranderlik soos 'n verkleurmannetjie – Uli Aschenborn skilder kunswerke wat van self beweeg), Namibiese Duitse tydskrif Allgemeine Zeitung
  12. 12,0 12,1 Uli kyk terug op suksesvolle loopbaan, Namibiese tydskrif Republikein
  13. Uli se dinamiese werke in Kendzia uitgestal, Namibiese tydskrif Republikein met sommige van Uli Aschenborn se kunswerke
  14. 14,0 14,1 Video oor sommige van Uli Aschenborn se werke wat verander
  15. 15,0 15,1 15,2 Uli Aschenborn stal uit, Namibiese tydskrif Republikein
  16. 16,0 16,1 16,2 Duitse lewensbebskrywing, uitstallings
  17. Invloed van Uli Aschenborn se tegniese loopbaan op sy kuns (Duitse Tydskrif "Allgemeine Zeitung")

Boeke[wysig]

i) Leeu wat storm, Kinetiese Kuns (dit is dieselfde kunswerk van drie kante af bekyk - gedoen in die eie 'verkleurmannetjie-tegniek' van Uli Aschenborn net met sand en verf), 2007, 100 x 80 cm
j) Kinetiese Kuns, Dobbelsteen, wat een, twee of drie kolle wys - afhanklik, van waar 'n mens hierdie (enkel) skildery bekyk - gedoen in die 'verkleurmannetjie-tegniek' van Uli Aschenborn, 2007, 40 x 30 cm