Ulrich Zwingli

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ulrich Zwingli
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Ulrich Zwingli. Portret deur Hans Asper, omstreeks 1531

Gebore 1 Januarie 1484
Wildhaus, Switserland
Oorlede 11 Oktober 1531 (op 47)
Kappel am Albis, Switserland
Nasionaliteit Vlag van Switserland Switserland
Ouers Johann Ulrich Zwingli
Maria Bruggmann
Beroep Pastoor, teoloog

Ulrich Zwingli (ook Huldreych Zwingli, Huldrych Zwingli of Huldreich Zwingli; * 1 Januarie 1484 in Wildhaus, Switserland; † 11 Oktober 1531 in Kappel am Albis) was 'n Zürichse kerkhervormer. Uit die Zürichse en Geneefse Hervorming het die gereformeerde kerke voortgespruit. Zwingli se teologie is in die tweede generasie deur Heinrich Bullinger en Johannes Calvyn bevorder.