Umkhonto we Sizwe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
MK se oorlogsvlag.
Simbool van MK.

Umkhonto we Sizwe (afgekort: MK) beteken 'Spies van die Nasie' en was die bewapende militêre vleuel van die ANC en die SAKP. Die ANC en die SAKP het MK gebruik om teen die apartheidsregime van Suid-Afrika te veg. MK is in 1960 gestig met Nelson Mandela as een van die stigterslede.[1]

Aanvanklik beperk MK sy aksies tot sabotasie, maar verander in 1961 sy taktiek na guerrilla-aanvalle in stedelike gebiede, insluitend die plant van bomme en gewapende optredes. MK word daarna deur beide die Suid-Afrikaanse regering en die Verenigde State van Amerika as 'n terroriste-organisasie geklassifiseer en verbied.[2]

MK het 30 jaar bestaan, tot die afskaffing van die apartheidsregime. Dit is nie bekend hoeveel mense deur aksies van MK om die lewe gebring of gewond is nie. Op 1 Augustus 1990 staak MK sy aktiwiteite en word in 1994 in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag opgeneem.

Bekende MK-lede[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Manifesto of Umkhonto we Sizwe”. African National Congress: 16 Desember 1961. URL besoek op 30 Desember 2006.
  2. http://www.anc.org.za/themes.php?t=Umkhonto%20we%20Sizwe