Ununoctium

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
118 ununseptiumununoctiumununennium
Rn

Uuo

(Uho)
Uuo-TableImage.png
Algemeen
Naam, Simbool, Getal ununoctium, Uuo, 118
Chemiese reeks edelgases
Groep, Periode, Blok 18, 7, p
Voorkoms onbekend, waarskynlik kleurloos
Atoommassa voorspel, (314) g/mol
Elektronkonfigurasie moontlik [Rn] 5f14 6d10 7s2 7p6
(geraai op grond van radon)
Elektrone per skil 2, 8, 18, 32, 32, 18, 8
Toestand vermoedelik 'n gas
CAS-registernommer 54144-19-3
Verwysings

Ununoctium (IFA: /ˌjuːnəˈnɒktiəm/ [1]) is die tydelike IUPAC naam vir die superswaarelement met die atoomgetal 118, tans die hoogste atoomgetal toegeken aan 'n beweerde ontdekte element (kyk elemente wat in die 21ste eeu ontdek is). Dit het die tydelike IUPAC elementsimbool Uuo.

Ununoctium deel waarskynlik eienskappe soortgelyk aan die van die element se groep, die edelgasse, en kom waarnskynlik ooreen met radon in terme van chemiese eienskappe. Sommige navorser verwys daarom daarna as eka-radon. Dit is waarskynlik die tweede radioaktiewe gasagtige element en die eerste standaard halfgeleidende gas.

As kernonstabilitiet as gevolg van radioaktiwiteit weg gelaat word, verwag wetenskaplikes dat ununoctium chemies baie meer reaktief is as xenon of radon. Dit sou waarskynlik stabiele oksiede (UuoO3, etc.) so wel as chloriede en fluoriede vorm.

Geskiedenis[wysig]

In 1999 het navorsers by die Lawrence Berkeley National Laboratory die ontdekking van elemente 116 en 118, in a artikel gepubliseer in Physical Review Letters aangekondig. [2]

Die navorser het beweer dat hulle die reaksie uitgevoer het:

\,^{86}_{36}\mathrm{Kr} + \,^{208}_{82}\mathrm{Pb} \, \to \,^{293}_{118}\mathrm{Uuo} + 1 \; ^1_0\mathrm{n} \;

Die jaar daarna het hulle die bewering teruggetrek nadat ander navorsers nie daarin kons slaag om hulle resultate te herhaal nie.[3] In Junie 2002, het die direkteur van die laboratorium aangekondig dat die aanvanklike bewering omtrent die ontdekking van die twee element gegrond was op data wat deur die hoofouteur, Victor Ninov, versin is.

Die Amerikaanse groep wou die element ghiorsium noem na Albert Ghiorso voordat hulle die bewering moes terugtrek.

Op 10 Oktober 2006, kondig navorsers by die Gesamentlike Instituut vir Kernnavorsing in Dubna, Rusland, in Physical Review C dat hulle ununoctium-294 vervaardig deur botsing van kalifornium-249 atome en kalsium-48 ione indirek waargeneem het [4][5]:

\,^{249}_{98}\mathrm{Cf} + \,^{48}_{20}\mathrm{Ca} \, \to \,^{294}_{118}\mathrm{Uuo} + 3 \; ^1_0\mathrm{n} \;

Die navorsingspan het bestaan uit werknemers van die Gesamentlike Instituut vir Kernnavorsing en die Lawrence Livermore National Laboratory in Kalifornië, VSA. Die vervalprodukte van drie atome van ununoctium, nie die atome self nie, is in Dubna waargeneem. 'n Halfleeftyd van 0,89 ms is waargeneem: 294Uuo verval na 290Uuh deur alfaverval. 290Uuh is bie onstabiel en verval binne 'n breukdeel van 'n sekonde na 286Uuq, wat ook spontane splyting kan ondergaan of kan alfaverval na 282Uub, wat spontane splyting sal ondergaan. [6]

Kyk ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Pronounced yoo'nànŏk`tēàm at Columbia Encyclopedia
  2. Ninov, Viktor; K. E. Gregorich, W. Loveland, A. Ghiorso, D. C. Hoffman, D. M. Lee, H. Nitsche, W. J. Swiatecki, U. W. Kirbach, C. A. Laue, J. L. Adams, J. B. Patin, D. A. Shaughnessy, D. A. Strellis, and P. A. Wilk (1999-05-27). “Observation of Superheavy Nuclei Produced in the Reaction of 86Kr with 208Pb”. Physical Review Letters 83 (6-9): 1104–1107. DOI:10.1103/PhysRevLett.83.1104. Besoek op 2006-10-20.
  3. Public Affairs Department. "Results of element 118 experiment retracted", Berkeley Lab, 2001-7-21. URL besoek op 2006-10-17.
  4. Sanderson, Katherine (17 Oktober 2006). “Heaviest element made - again”. nature@news.com. Nature (joernaal). URL besoek op 2006-10-19.
  5. Phil Schewe and Ben Stein (17 October 2006). “Elements 116 and 118 Are Discovered”. Physics News Update. American Institute of Physics. URL besoek op 2006-10-19.
  6. Oganessian, Yu. Ts.; Utyonkov, V.K.; Lobanov, Yu.V.; Abdullin, F.Sh.; Polyakov, A.N.; Sagaidak, R.N.; Shirokovsky, I.V.; Tsyganov, Yu.S.; Voinov, Yu.S.; Gulbekian, G.G.; Bogomolov, S.L.; B. N. Gikal, A. N. Mezentsev, S. Iliev; Subbotin, V.G.; Sukhov, A.M.; Subotic, K; Zagrebaev, V.I.; Vostokin, G.K.; Itkis, M. G.; Moody, K.J; Patin, J.B.; Shaughnessy, D.A.; Stoyer, M.A.; Stoyer, N.J.; Wilk, P.A.; Kenneally, J.M.; Landrum, J.H.; Wild, J.H.; and Lougheed, R.W. (2006-10-09). “Synthesis of the isotopes of elements 118 and 116 in the 249Cf and 245Cm+48Ca fusion reactions”. Physical Review C 74 (4): 044602. DOI:10.1103/PhysRevC.74.044602. Besoek op 2006-10-16.

Eksterne skakels[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Ununoctium (bladsy)