Uraan-234

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Uraan-234 (U-234) is 'n isotoop van uraan. In natuurlike uraan en uraanerts is U-234 'n indirekte ontbindingsproduk van U-238. Dit beslaan egter net 0,0055% (55 dele per miljoen) van rou uraan, omdat die halfleeftyd daarvan net 246 000 jaar is, omtrent 1/18 000 die halfleeftyd van U-238.