Usakos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Usakos
Wapen van Usakos
Wapen
Ligging van Usakos op 'n kaart (Namibië)
Usakos
Usakos
Koördinate: 22°0′S 15°36′O
Land Vlag van Namibië Namibië
Streek Erongo

Usakos is 'n dorpie in Namibië, 30 km wes van Karibib en 150 km noordoos van Swakopmund. Dit het ontwikkel uit werkswinkels van 'n kopermynmaatskappy en spoorwegwerkswinkels. Die dorp is onder die Duitse bewind gestig en van 1927 af deur 'n dorpsbestuursraad geadministreer tot munisipale status in 1948 toegeken is. Die naam kom uit Nama en beteken waarskynlik “die plek wat die hoef gryp”, wat verwys na die taai, geel klei by die plaaslike fontein. In die onlangse verlede het die dorp die naburige Karibib se status as kommunikasiesentrum oorgeneem. Die geskatte bevolking in 2006 was 10 077. Usakos is die geboortplek van Björn von Finckenstein, 'n voormalige burgemeester van Windhoek.

Bronnelys[wysig]

  • Raper, P.E., Dictionary of South African Place Names, Lowry Publishers, Johannesburg, 1987.
  • Rosenthal, Eric (hoofred.), Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Frederick Warne & Co. Ltd., Londen en New York, 1972.
  • Mayhew, Vic (red.), Illustrated Guide to Southern Africa, Reader's Digest, Kaapstad, 1980.