Vaalmol

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vaalmol
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Rodentia
Familie: Bathyergidae
Genus: Cryptomys
Spesie: C. hottentotus
Binomiale naam
Cryptomys hottentotus
(Lesson, 1826)

Die Vaalmol (Cryptomys hottentotus) kom in die hele Suid-Afrika, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek en noord-oostelike Namibië voor. Die mol staan ook bekend as die knaagdiermol.

Voorkoms[wysig]

Die knaagdier se kleur wissel van liggrys tot donkergrys met 'n wit bles op die voorkop. Die dier word tot 15cm lank en weeg 100 - 150g.

Habitat en gewoontes[wysig]

Hulle verkies sanderige grond en ook ander grond buiten klei. Die diertjie lewe in groepies in ondergrondse gate en hope uitgestote grond verklap hul teenwoordigheid. Daar word tot 5 kleintjies enige tyd in die jaar bore. Hulle eet bolle, wortels, lote en ondergronds graslote.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]