Valiant Swart

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Valiant Swart
Valiant Swart.jpg
Valiant Swart tydens 'n optrede.
Genre(s) Alternatiewe rock
Punk-rock
Aktiewe jare 1990 – nou
Uitgewer(s) Rhythm Records
Webwerf valiant.co.za
Portal.svg Musiekportaal

Valiant Swart is 'n Afrikaanse musikant en akteur van Stellenbosch, Suid-Afrika. Sy debuutalbum, Die Mystic Boer, is in 1995 deur Rhythm Records uitgereik.

Swart se naam is volgens die musikant 'n verwysing na die swart Valiant wat sy pa gery het toe hy nog kind was. Swart se grootste treffer, die Mystic Boer toon ooreenkomste met die gedig "Raka" van NP van Wyk Louw en spreek kwessies rondom die identiteit van die Afrikaner en sy soeke na 'n nuwe besef aan. Swart is naas Koos Kombuis een van die kunstenaars wat die heel meeste by die Oppikoppi-musiekfeeste in Northam opgetree het.

Hy was ook akteur in die TV-reeks "Song vir Katryn" en het 'n reisprogram oor jazzmusiek vir kykNET genaamd 40 dae deur die Delta vervaardig.

In 2008 word hy saam met Ollie Viljoen met 'n SAMA-toekenning vir hulle album Vuur En Vlam in die kategorie Beste Afrikaanse Tradisionele Album bekroon.

Albums[wysig]

  • Die Mystic Boer (1995)
  • Dorpstraat Revisited (1996)
  • Kopskoot (1997)
  • Roekeloos (1998)
  • Deur die Donker Vallei (1999)
  • Boland Punk (2001)
  • Maanhare (2002)
  • Song vir Katryn (2003)
  • ‘n Jaar in die son (met Koos Kombuis) (2003)
  • @ Jinx (met Mel Botes) (2004)
  • Mystic Myle (2005)
  • Horisontaal (2006)
  • Vuur En Vlam, met Ollie Viljoen, 2007 RHYTHM
  • Vuur & Vlam DVD, 2007 SELECT
  • Vrydagaand / Saterdagaand, 2008 RHYTHM[1]
  • Wild En Wakker, met Ollie Viljoen, 2010 RHYTHM/SELECT

Verwysings[wysig]

  1. Vetseun, besoek op 18 Mei 2010.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]