Vanderbijlpark

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vanderbijlpark
Mittal Steel se staalaanleg in Vanderbijlpark
Mittal Steel se staalaanleg in Vanderbijlpark
Ligging van Vanderbijlpark op 'n kaart (Gauteng)
Vanderbijlpark
Vanderbijlpark
 Vanderbijlpark se ligging in Gauteng
Koördinate: 26°41′57″S 27°50′8″O Koördinate: 26°41′57″S 27°50′8″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Gauteng
Distrik Sedibeng
Munisipaliteit Emfuleni
Stigting 1949
Oppervlak[1]
 - Stad 177,84 km²  (68,7 vk m)
Hoogte 1 468 m (4 816 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Stad 95 840
 - Digtheid 539/km² (1 396/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 42.5%
 • Kleurling 1.3%
 • Indiër/Asiër 0.9%
 • Blank 54.4%
 • Ander 0.9%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 51.0%
 • Sotho 20.0%
 • Engels 10.0%
 • Zoeloe 5.0%
 • Ander 14.0%
Poskode (straat) 1911
Poskode (posbus) 1900
Skakelkode(s) 016

Vanderbijlpark is 'n industriële dorp geleë langs die Vaalrivier in Gauteng, Suid-Afrika. Tesame met Vereeniging en Sasolburg maak Vanderbijlpark deel uit van die Vaaldriehoek, 'n groot industriële gebied in Suid-Afrika. Die dorp val binne die grense van die Sedibeng-distriksmunisipaliteit en word bestuur deur die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit.

Omliggende woongebiede is Boipatong, Sebokeng en Sharpeville.

Geskiedenis[wysig]

Vanderbijlpark het ontstaan toe Eerste Minister Jan Smuts destyds die briljante, jong wetenskaplike, Dr. H.J. van der Bijl (wat op daardie stadium in die Verenigde State van Amerika gewerk het) in 1920 teruggeroep het na Suid-Afrika om die regering te adviseer oor die land se industriële ontwikkeling. Dr. Van der Bijl was betrokke by Yskor se aanleg in Pretoria en met die toenemende vraag na staal gedurende die Tweede Wêreldoorlog is 100 km2 grond aangekoop om 'n groot modeldorp en staalaanleg te ontwikkel. Die staalaanleg is in 1947 geopen en die dorp in 1949. Met die opening van Yskor se tweede staalaanleg in 1952 deur die Goewerneur-generaal, E.G. Jansen, het Vanderbijlpark munisipale status verkry.

Onderrig[wysig]

Sien ook Lys van skole in Vanderbijlpark

Daar is ongeveer 60 laer- en hoërskole in die Vaaldriehoek-omgewing, waarvan 16 laerskole en 8 hoërskole in Vanderbijlpark is.

Tersiêre Onderrig

Die Vaaldriehoek-kampus van die Noordwes-Universiteit is geleë te Vanderbijlpark langs die oewers van die Vaalrivier en spog met studentegetalle van oor die 3 000.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Vanderbijlpark”. Sensus 2011.