Vanderkloofdam

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vanderkloofdam
Reservaat rondom die Vanderkloofdam[1]
Reservaat rondom die Vanderkloofdam[1]
Amptelike naam Vanderkloofdam
Land Suid-Afrika
Koördinate 29°59′32″S 24°43′54″O Koördinate: 29°59′32″S 24°43′54″O
Doel Opgaardam, Hidroëlektrisiteit
Openingsdatum September 1977
Soort dam Boog-gravitasiedam
Hoogte 108 m[2]
Lengte 765 m
Bakmaat 3 236 miljoen m3[3]
Dam op Oranjerivier
Die dam het vir 20 jaar bekend gestaan as die P.K. le Rouxdam, ter ere van oudmin. P.K. le Roux.

Die Vanderkloofdam (voorheen bekend as die P.K. le Rouxdam) is 130 km stroomaf van die Gariepdam in die Oranjerivier. Konstruksie aan die dam het begin gedurende April 1971 en die dam is in diens gestel in September 1977. Die dam het 'n bakmaat van 3 236 miljoen m3, die lengte van die wal is 765 m, die hoogte van die wal is 108 m (die hoogste in Suid-Afrika) en die oppervlakte van die dam is 13 874 ha wanneer dit vol is.[4][3]

Die damwal is 'n gravitasie-boogtipe ontwerp en die wal bevat 1.1 miljoen  m3 beton. Vier gravitasiesluise aan die linkerkant van die wal verseker dat tot 8 500 m3/s water vrygelaat kan word.

Die dam se hidroëlektriese vermoë is 240 MW en laat water vry teen 'n tempo van 400 m3/s wanneer dit in volle werking is. Die dam is deur die Departement van Waterwese gebou.

Die dam is ook deel van die Oranjerivierprojek.

Die dorpie Vanderkloof het ontstaan uit die kamp wat gebou is vir die mense wat betrokke was by die bou van die dam. Munisipale status is in 1980 aan Vanderkloof toegeken.

Uitleg van 'n hidroëlelektriese dam
A - waterreservoir, B - kragsentrale, C - turbine, D - generator,
E - inlaat, F - waterleiding, G - hoogspanningskabels, H - rivier

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Foto deur Tinus Badenhorst op 15 November 2008
  2. Vanderkloof Dam”. URL besoek op 2009-05-27.
  3. 3,0 3,1 Vanderkloofdam”. Departement van Waterwese en Bosbou (Suid-Afrika). URL besoek op 27 Mei 2009.
  4. Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. Bl 312, 1995. ISBN 1-86842-026-4