Vanrhynsdorp

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vanrhynsdorp
Die NG kerk op Vanrhynsdorp
Die NG kerk op Vanrhynsdorp
Ligging van Vanrhynsdorp op 'n kaart (Wes-Kaap)
Vanrhynsdorp
Vanrhynsdorp
 Vanrhynsdorp se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 31°37′S 18°44′O Koördinate: 31°37′S 18°44′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distrik Weskus
Munisipaliteit Matzikama
Stigting 1751
Oppervlak[1]
 - Dorp 5,99 km²  (2,3 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 6 272
 - Digtheid 1 047/km² (2 711,7/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 6.9%
 • Kleurling 71.9%
 • Indiër/Asiër 0.4%
 • Blank 19.7%
 • Ander 1.0%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 95.3%
 • Engels 1.6%
 • Xhosa 1.2%
 • Ander 1.8%
Poskode (straat) 8170
Poskode (posbus) 8170
Skakelkode(s) 027

Vanrhynsdorp is 'n dorp is in die Munisipaliteit Matzikama sowat 307 km noord van Kaapstad, 23 km oos van Vredendal en 80 km noord van Clanwilliam geleë in wat algemeen as die Noordweste bekend staan. Die dorp is langs die N7 nasionale pad geleë.

Geskiedenis[wysig]

Vanrhynsdorp is in 1887 uitgelê, nadat die NG gemeente reeds in 1877 van Clanwilliam afgestig is. Dit is genoem na Petrus Benjamin van Rhyn, die eerste parlementslid vir Namakwaland. Hy was die grootvader van 'n latere minister van ekonomie, dr. A.J.R. van Rhyn. Dit het munisipale status in 1913 verkry, maar is nou deel van die munisipaliteit Matzikama, waarvan Vredendal die hoofdorp is.

Tweede Vryheidsoorlog[wysig]

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het generaal Barry Hertzog die dorp op 19 Januarie 1901 beset. Hy was nog steeds in die dorp toe hy op 23 Januarie verneem het van die afsterwe van Koningin Victoria. Uit respek laat hy toe dat die magistraat die Britse vlag halfmas mag hang. [2]

Opvoeding[wysig]

Die dorp en onmiddellike omgewing beskik oor vier skole, waarvan een privaat is. Die gekombineerde Hoërskool Vanrhynsdorp het in 2008 336 leerders van graad een tot graad twaalf gehad, in 2010 370 en in 2011 392, die intermediêre Maskam Primêr het 575 leerders van graad een tot nege gehad (2011) en die laerskool Urionskraal Primêr 36 leerders van graad een tot graad ses (2011). Die Môrester Privaatskool het in 2010 32 leerders van gr. 1 tot gr. 12 gehad en in 2011 reeds 47.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Vanrhynsdorp”. Sensus 2011.
  2. * The War Reporter. J.E.H. Grobler. Jonathan Ball Publishers. 2004. ISBN 978-1-86842-186-2


Vlag van Suid-Afrika

Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Eden | Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | Eden | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg