Ventersdorp

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ventersdorp
Ligging van Ventersdorp op 'n kaart (Noordwes)
Ventersdorp
Ventersdorp
 Ventersdorp se ligging in Noordwes
Koördinate: 26°19′S 26°49′O Koördinate: 26°19′S 26°49′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noordwes
Distrik Dr. Kenneth Kaunda
Munisipaliteit Ventersdorp
Stigting 1866
Oppervlak[1]
 - Dorp 57,47 km²  (22,2 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 22 073
 - Digtheid 384/km² (994,6/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 85.2%
 • Kleurling 4.4%
 • Indiër/Asiër 0.6%
 • Blank 7.7%
 • Ander 2.1%
Taal (2011)[1]
 • Tswana 71.8%
 • Afrikaans 11.6%
 • Xhosa 8.2%
 • Engels 1.9%
 • Ander 6.5%
Poskode (straat) 2710
Poskode (posbus) 2710
Skakelkode(s) 018

Ventersdorp is 'n dorp in die Noordwesprovinsie, in Suid-Afrika met sowat 2 000 mense. Ventersdorp is 53 km oos van Coligny en die N14 nasionale pad gaan deur die dorp. Eugène Terre'Blanche, stigter van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) is op die dorp gebore.

Geskiedenis[wysig]

Ventersdorp is in 1866 as 'n NG Gemeente gestig op die plaas Roodepoort en die dorp en gemeente is na die eienaar vernoem, Johannes Venter. Die plaas was naby die oorsprong van Schoonspruit.

Distrik[wysig]

Die distrik is 3 550 km2 groot. Die ekonomie draai om bees- en mielieboerdery. Die graansilo's is van die grootste ter wêreld. Besproeiingswater word van 'n dam in die Rietspruit 10 km suid van die dorp verkry.

Besienswaardighede[wysig]

Daar is twee natuurreservate: Schoonspruit en 'n private reservaat, Makokskraal. Die plaaslike museum huisves 'n groot versameling gewere wat die Boere tydens die Tweede Vryheidsoorlog gebruik het en daar is ook 'n begraafplaas van dié soldate in die dorp. Daar is ook twee watermeule in Schoonspruit wat dateer uit die 1800s.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Ventersdorp en Tshing tydens die 2011-sensus.