Verna Vels

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Verna Barbara Robertson Vels is 'n Afrikaanse skrywer, radio-omroeper en storieverteller wat veral bekend is as die stem agter Liewe Heksie, 'n kinderprogram wat op Suid-Afrikaanse televisie uitgesaai is.

Biografie[wysig]

Vels is op Reitz in die Vrystaat gebore waar sy haar skoolloopbaan voltooi. Sy skryf in 1953 vir 'n BA-graad aan die Universiteit van Pretoria in en voltooi haar studies in 1954 met drie hoofvakke in Afrikaans/Nederlands, Engels en Kunsgeskiedenis. Sy begin in 1954 by die SAUK se kantore in Durban te werk as omroeper. Vir die res van haar professionele loopbaan sou sy nou by die radio- en televisiewese betrokke wees.

Toekennings[wysig]

Sy is op 3 Februarie 2011 tydens kykNET se Fiestas vereer vir haar lewensbydrae tot die Afrikaanse woordkuns.[1] Die Tienie Holloway-medalje vir Kleuterliteratuur is in 2000 aan haar toegeken.

Boeke[wysig]

  • Die Groot Liewe Heksie-Storieboek (1970's) geïllustreer deur Dorothy Hill
  • Lekker Liewe Heksie Stories (1970's) geïllustreer deur Dorothy Hill
  • Liewe Heksie en die rugbywedstryd (1988) geïllustreer deur Nikki Jones
  • Liewe Heksie en die rekenaar (1999) geïllustreer deur Piet Grobler
  • Die Liewe Heksie Omnibus (2002) geïllustreer deur Piet Grobler

Stemme op TV[wysig]

  • Wielie Walie: - stem van Bennie Boekwurm.
  • Liewe Heksie: - stem van Liewe Heksie, Blommie kabouter en Matewis die kat.
  • Haas Das hou konsert - stem van Klein Stinkie Muishond.

Verwysings[wysig]