Veselperske

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Veselperske of Mango
Heel veselperske en 'n deursnit
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Angiosperms
(geen rang): Eudicots
(geen rang): Rosids
Orde: Sapindales
Familie: Anacardiaceae
Genus: Mangifera
Spesie: M. indica
Binomiale naam
Mangifera indica
L.

Die Veselperske (Mangifera indica) is 'n subtropiese boom wat peervormige vrugte met veselagtige vleis dra. Die vrugte staan as veselperskes of mango's bekend. Ryp veselperskes is soet in smaak, maar hulle is bitter-suur as hulle nog groen is.

Veselperskes is naas piesangs die belangrikste tropiese vrug vir kommersiële verbouing. Dit kom bykans regoor die wêreld voor, maar daar word geglo dat hulle vanaf die suidelike en suidoostelike dele van Asië afkomstig is, insluitende Indië, Pakistan, Mianmar, Sri Lanka en Bangladesj. Pakistan en Indië is die grootste uitvoermarkte. Die vrug is ook die lande se nasionale vrug.

Top mango- en koejawel-produserende lande (2011)[wysig]

Land Metrieke ton
Vlag van Indië Indië 15,188,000
Vlag van Volksrepubliek van Sjina Sjina 4,350,000
Vlag van Thailand Thailand 2,600,000
Vlag van Indonesië Indonesië 2,131,000
Vlag van Pakistan Pakistan 1,888,500
Vlag van Meksiko Meksiko 1,827,300
Vlag van Brasilië Brasilië 1,190,000
Vlag van Bangladesj Bangladesj 889,176
Vlag van Nigerië Nigerië 850,000
Vlag van Filippyne Filippyne 800,551
Res van die Wêreld 7,238,639
Wêreldtotaal 38,953,166

(Data getoon vir 2011) Bron: FAOSTAT[1]

Dekoratiewe patroonsnit, heel en een kant gesny.

Fotogalery[wysig]

'n Veselperskeboom in Indië.
Die tipiese oorgroot hangende blare aan 'n jong plantjie.

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Veselperske (kategorie)
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: