Vilanculos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vilanculos
Vilankulo
Die markplein van Vilanculos
Die markplein van Vilanculos
Bynaam: Vnx
Ligging van Vilanculos op 'n kaart (Mosambiek)
Vilanculos
Vilanculos
Koördinate: 22°0′0″S 35°19′0″O Koördinate: 22°0′0″S 35°19′0″O
Land Vlag van Mosambiek Mosambiek
Provinsie Inhambane
Bevolking (2010)
 - Stad 24 433
Tydsone SAT (UTC+2)
Tipiese huise in Vilanculos.

Vilanculos of Vilankulo is 'n dorp in die Inhambane-provinsie van Mosambiek. Sommige toeriste maak gebruik van fasiliteite in die dorp om te kan oornag, veral wanneer daar tussen Maputo en Beira gereis word en wanneer die Bazaruto Archipelago in die Indiese Oseaan besoek word. Vilanculos het aansienlike groei beleef die afgelope dekade en gebruik befondsing gegenereer uit toerisme om toerisme-infrastruktuur verder te verbeter. Die dorp is 'n gewilde vakansiebestemming vir menige Suid-Afrikaner en bied 'n kombinasie van aangename weer, kristalhelder seë, pragtige strande en verskeie watersportsoorte wat beoefen kan word. Tariewe is nie buitensporig nie en 'n verskeidenheid vakansieoorde is onlangs ontwikkel, asook 'n aantal goeie eetplekke.

Daar is 'n klein internasionale lughawe op Vilanculos waarvandaan daar daaglikse vlugte tussen Johannesburg, Maputo en Swaziland onderneem word.

Bronne[wysig]

Hierdie artikel is 'n vertaling van die Engelse Wikipedia artikel "Vilanculos".

Eksterne skakels[wysig]