Virginia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Virginia
Ligging van Virginia op 'n kaart (Vrystaat)
Virginia
Virginia
 Virginia se ligging in Vrystaat
Koördinate: 28°7′0″S 26°54′0″O Koördinate: 28°7′0″S 26°54′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Vrystaat
Distrik Lejweleputswa
Munisipaliteit Matjhabeng
Stigting 1954
Oppervlak[1]
 - Dorp 82,1 km²  (31,7 vk m)
Hoogte 1 316 m (4 318 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 66 208
 - Digtheid 806/km² (2 087,5/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 88.7%
 • Kleurling 0.7%
 • Indiër/Asiër 0.4%
 • Blank 9.9%
 • Ander 0.3%
Taal (2011)[1]
 • Sotho 65.4%
 • Xhosa 13.1%
 • Afrikaans 11.0%
 • Engels 2.7%
 • Ander 7.8%
Poskode (straat) 9430
Poskode (posbus) 9430
Skakelkode(s) 057

Virginia is 'n goudmyndorp in die Vrystaat, in Suid-Afrika.[2] Die dorp lê 140 km noordoos van Bloemfontein en 20 km suid van Welkom en is deel van die Vrystaatse Goudveld. In 2011 het die dorp en die lokasie Meloding saam 'n bevolking van 66 208 gehad.[1]

Geskiedenis[wysig]

Die dorp, aan die oewers van die Sandrivier, is in 1954 uitgelê. Die oorsprong van die naam van die dorp is interessant. Twee Amerikaanse ingenieurs wat die hoofspoorlyn opgemeet het, wat oor die plaas Merriespruit gaan, het die naam Virginia op 'n rots uitgekerf - moontlik uit verlange na hul tuisstaat Virginië in Amerika. Toe daar besluit is om 'n halte hier te maak is op die naam Virginia besluit wat op die rots uitgekerf was. 'n Voorstad in die dorp is na Merriespruit vernoem. Na die ontdekking van goud in die 1950's het die dorp ongelooflik gegroei.

Distrik[wysig]

Die distrik is 578 km2 groot en daar word gemengde boerdery toegepas: mielies, beeste en skape. Die grootste swaelsuur aanleg in die suidelike halfrond is in die dorp met 'n vermoë van 350 ton per dag. Die Virginiapark ontspanningsoord (nou Tikwe Lodge genoem) is op die suidelike oewer van die Sandrivier ontwikkel.

Merriespruit ramp[wysig]

Op 22 Februarie 1994 het 'n wal van die slikdam by die Harmonie-goudmyn meegegee en die voorstad Merriespruit is deur 'n golf dik slyk oorspoel. Sewentien mense is dood, 31 huise vernietig en 72 was ernstig beskadig. 'n Gedenkmuur is opgerig in die plaaslike begraafplaas waar die meeste van die slagoffers begrawe is.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 Som van die hoofplekke Virginia en Meloding tydens die 2011-Sensus.
  2. Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995 ISBN 1-86842-026-4