Vlag van Ethiopië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vlag van Ethiopië
Vlag van  Ethiopië
Gebruik Nasionale vlag Nasionale vlag
Verhouding 1:2
Goedgekeur 6 Februarie 1996
Ontwerp ’n Horisontale driekleur met ewe wye groen, geel en rooi bane. In die middel is ’n blou kol met ’n geel ster.

Die nasionale vlag van die Ethiopië is op 6 Februarie 1996 amptelik in gebruik geneem. Die drie tradisionele kleure (groen, geel en rooi) dateer terug na Keiser Menelik (1889-1913) in is vir die eerste keer in 1895 gebruik. Die huidige vlag en embleem is aanvaar na die omverwerping van die marxistiese Mengistu-regime wat van 1974 tot 1991 regeer het.

Simboliek[wysig]

Die embleem is veronderstel om die diversiteit asook die eenheid van die land te weerspieël. Blou verteenwoordig vrede, die vyfpuntige ster verteenwoordig diversiteit en eenheid en die strale van die son verteenvoordig vooruitgang. Die groen stel die grond en hoop vir die toekoms voor, die geel stel vrede en liefde voor en die rooi stel krag voor.

Vorige vlae[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Vlae van Ethiopië (kategorie)


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.