Vlag van Kambodja

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vlag van Kambodja
Vlag van  Kambodja
Bynaam (kh) ទង់ជាតិកម្ពុជា Tung-Cheat
(af) Nasionale Vlag
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 24 September 1993[1]
Ontwerp Drie horisontale bane in blou, rooi en blou met die Angkor Wat in wit in die middel van die rooi baan.

Die nasionale vlag van Kambodja is op 24 September 1993 amptelik in gebruik geneem. Kambodja het hierdie ontwerp van die nasionale vlag tussen 1948 en 1970 gebruik en weer in 1993 die vlag aanvaar.

Simboliek[wysig | wysig bron]

Rooi en blou is die tradisionele kleure van Kambodja. Voorts stel rooi dapperheid en die mense voor terwyl blou vryheid, samewerking en broederskap en die koning voorstel. Die Angkor Wat stel integriteit, geregtigheid en erfenis en Theravada Boeddhisme voor.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Sedert ongeveer 1850 het die vlag van Kambodja ’n afbeelding van die Angkor Wat in die middel. DIe huidige vlag met drie bane afwisselend in blou en rooi (in verhouding 1:2:1) is aanvaar na onafhanklikheid in Kambodja in 1948. Dit is tot 9 Oktober 1970 gebruik toe ’n nuwe vlag vir Lon Nol se Khmerrepubliek aanvaar is. Die republiek het tot 1975 gefunksioneer toe die Rooi Khmer in 1975 oorgeneem het. Die gevolglike staat van Demokratiese Kampuchea, wat van 1975 tot 1979 geduur het, het ’n rooi vlag met die Angkor Wat (met drie torings) in geel daarop, gebruik. In 1979 is die Volksrepubliek van Kampuchea gestig na die Kambodjaans-Viëtnamese Oorlog.

Die Kampucheaanse Nasionale Verenigde Front vir Nasionale Redding (FUNSK) het die vlag wat deur die Khmer Issarak aanvaar is in die dae van anti-Franse weerstand teen die nuwe staat, aangeneem. Hierdie vlag het dieselfde kleurskema as Demokratiese Kampuchea maar met ’n geel Angkor Wat met vyf torings. Toe die Volksrepubliek van Kampuchea sy naam na die “Staat van Kambodja” verander het in 1989 is die vlag se onderste helfte na blou verander. Die UNTAC-vlag is gedurende die oorgangstydperk in 1992-1993 saam met die nuwe vlag in Kambodja gebruik.

In 1993 is die Kambodjaanse vlag van 1948 heraangeneem. Tussen 1948 en 1993 het die vyf verskillende vlae wat gebruik is elk ’n afbeelding van die Angkor Wat in een of ander vorm gebruik. Hierdie beroemde tempelterrein wat uit die 12de eeu dateer, is deur die Mahidharapura-monarge gebou. Dit het vyf torings maar dit is nie altyd so in die gestileerde weergawe op die vlag gebruik nie. Die monargie is in September 1993 herstel maar die vlag is reeds in Junie van daardie jaar aanvaar.

Die huidige Kambodjaanse vlag, saam met die vlag van Afghanistan is die enigste twee nasionale vlae ter wêreld wat ’n gebou afbeeld.

Ander vlae[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Kambodja”. Flags of the World. URL besoek op 26 April 2015.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Vlae van Kambodja (kategorie)


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.